• bouquet garni, gemaak van 2 takkies tiemie, 2 lourierblare en 2 takkies pietersielie
• 5 ml (1 t) sout
• 5 ml (1 t) heel swartpeperkorrels
Instructions
1 Verhit die oondrooster op hoog. 2 Pak die murgbene en borsstukskywe op ’n oondpan en smeer oral met die tamatiepasta. 3 Pak die ui, wortels, prei, seldery en knoffel op ’n ander pan uit. 4 Rooster vir 15-20 min. of tot die groente geskroei en die vleis en bene goudkleurig is. 5 Sit die murgbene, vleis en groente in ’n groot kastrol. Gooi sowat 6 liter water by, asook die appelasyn, blik tamaties, bouquet garni en sout en peper. Jy hoef nie die water af te meet nie maar jy moet seker maak dat al die bestanddele goed met water bedek is. 6 Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut stadig vir 3-5 uur. 7 Gooi nog warm water by as die water te vinnig wegkook maar voeg dit binne die eerste 2-3 uur van die kookproses by, anders maak jy die sop te flou en verloor dit die krag. 8 Laat die sop in die kastrol afkoel, lig die bene uit en gooi die sop in plastiek- of glashouers. Jy kan dit deur ’n sif gooi as jy verkies - ons drink dit net so.