• 8 bene met murg in, vra die slagter om ’n paar in die lengte deur te sny vir die mooi
Instructions
1 Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Braai die uie vir 5 min. daarin, of tot sag. 2 Voeg die knoffel, wortel en seldery by. Braai vir nog 5 min. 3 Voeg die speserye by en braai vir 2 min. 4 Voeg die tamaties, witwyn, hoenderaftreksel, heuning en lensies by. 5 Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut vir 45 min. of totdat die lensies sag is. Geur met sout en swartpeper. 6 Verhit intussen die oond tot 200 °C. Sit die bene op ’n pan en bak vir 30 min. of tot goudbruin. 7 Haal die murg uit die bene en roer in die lensie-bredie in. 8 Sit die bredie met die oopgesnyde beentjies voor.