Bederf jouself met vier liefdesverhale per maand

Sluit aan by RomanzaKlub vir spesiale korting en sodat jy nie uitmis op vier tot vyf Romanzas wat maandeliks verskyn nie. Dis ’n belegging in jou liefdeslewe!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Voorsmakie van wat op jou wag in van die nuutste Romanzas

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In Silwerspoor van die maan deur Frenette van Wyk droom Zara van ’n lewe gevul met avontuur. Wanneer haar paaie onverwags kruis met die aantreklike en geheimsinnige Fernando Alvarez, vind sy ’n uitweg om haar pa se dobbelskuld te betaal. Fernando bied vir haar silwer muntstukke aan om na ’n baba te kyk terwyl hy na die moeder gaan soek. Al probleem is dat hy haar betaal met dieselfde Spaanse muntstukke wat onlangs deur seerowers op die skip De Kastelijn geplunder is. Fernando weier om te sê waar die munte vandaan kom en sy begin wonder of hy by die rooftog betrokke was. Sy bewaar egter sy geheime, want hy het reeds haar hart kom steel. Wanneer hy terugkeer na die soektog, is dit die begin van ’n reeks gebeure wat hulle lewens vir altyd sal verander…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Marilé Cloete skryf met deernis oor verwerping in Rusplek vir die hart. Olivia beëindig haar netballoopbaan in Australië en keer terug na Suid-Afrika. Met haar spontane geaardheid en voller figuur wat sy met selfvertroue dra, skep sy die indruk van sorgvryheid. Selfs haar beste vriendin by wie sy aanvanklik tuisgaan, weet nie van die hartseer en berou wat sy met haar saamdra nie. Olivia se pad kruis met dié van Shaun Mouton, ’n professionele krieketafrigter. Hulle stamp dadelik koppe toe sy hom met prins Harry vergelyk en takel mekaar aanhoudend met woorde. Die wrywing tussen hulle verhoog wanneer hulle ’n huis moet deel, maar lei terselftertyd ook tot ’n dieper begrip vir mekaar se letsels. ’n Reis deur Portugal bring nuwe insigte en ook die wete dat elke hart na ’n rusplek soek.

Plus een deur Didi Potgieter is die derde titel in ons Romanza Stoom erotika-reeks.  Lindi en Jaco is beste vriende. Jaco se sexy broer, Jan-Adriaan Theron, is egter van die opinie dat sy ’n fortuinsoeker is wat sy broer om die bos probeer lei. Ná Jan-Adriaan haar ’n bevordering kos en haar dan boonop soen dat sy sterre sien, wil Lindi nóg minder met haar beste vriend se ouer broer te doen hê. Wanneer Jaco ’n besering opdoen, staan Jan-Adriaan in as Lindi se plus een vir haar sussie se troue in Namibië. Sy weet nie hoe sy haar ouers gaan laat glo sy hou van die man wat ’n doring in haar vlees is nie. Die vonke spat behoorlik tussen hulle en Lindi val baie harder vir Jan-Adriaan as wat sy verwag. Ongelukkig dink hy steeds sy is ’n gewetenlose fortuinsoeker, veral omdat sy met oorgawe op sy liefkosings reageer die oomblik toe Jaco uit die prentjie is. Maar die hart bly soek na sy plus een, maak nie saak hoe hard daarteen baklei word nie.

Spesiale korting met RomanzaKlub

Romanza gee maandeliks vier romanses uit en een erotiese liefdesverhaal  per kwartaal in die Romanza Stoom-afdeling. Sluit aan by RomanzaKlub vir:

  • 2 boeke teen R140 of
  • 4 boeke teen R260.

Om van die korting gebruik te maak, klik hier en sluit aan by die klub.

Koop slegs die titel van jou keuse

As klubs nie in jou smaak val nie, kan jy ook slegs een titel op ’n slag aankoop. Klik hier om die Romanza van jou keuse te koop. Jy kan ook Romanzas by jou naaste boekwinkel koop, maar hierdie opsies is sonder die korting wat RomanzaKlub bied.

Al die Romanza-skakels op een plek:

RomanzaKlub: http://bit.ly/3IcF7Ow

Romanza-webtuiste en aankope: https://bit.ly/3XoPgvP

Silwerspoor van die maan (sagteband): https://bit.ly/45hkRVa

Silwerspoor van die maan (e-boek): https://bit.ly/3E0nsXw

Rusplek vir die hart (sagteband): https://bit.ly/45ak3kN

Rusplek vir die hart (e-boek): https://bit.ly/3sbuTIC

Plus een (sagteband): https://bit.ly/458KXcB

Plus een (e-boek): https://bit.ly/3Ov8ldm

Facebook: https://www.facebook.com/Romanza.klub/

Instagram: https://www.instagram.com/romanza_lapa/

TikTok: https://www.tiktok.com/@lapapublishers

Registreer vir die Romanza-nuusbrief: https://bit.ly/3DmhFun

Lees ook: Komedie-legendes in nuwe kykNET-reeks te sien

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

  ‘Ek is ’n skrywer’ Haar lewe lank al het Margaret Gardiner haar drome…

3 days Gelede

Bloubessie-en-jogurt-yslollies

Wat is lekkerder as ’n yskoue yslollie op ’n warm somersdag? Probeer ons lekker resep…

3 days Gelede

Tamatietert

Hierdie is my vriendin Anita se smullekker resep. Genoeg vir vier.

3 days Gelede

Oosterse waatlemoenslaai

Wat is somer sonder slaai? Hierdie Oosterse waatlemoenslaai sal jou mond behoorlik laat water. Resep…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Mienke Ehlers oor haar rol as ‘Suidooster’ se nuwe waaghals

Die geliefde kykNET-sepie Suidooster kry binnekort ’n opwindende nuwe toevoeging wanneer die talentvolle Mienke Ehlers…

3 days Gelede

Bob Martin ken troeteldiere

Ons help diere al sedert 1892 om langer, gelukkiger, gesonder lewens te leef.  Bob Martin…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.