Word ’n lid van die RomanzaKlub teen R130,00 per maand en ontvang die volgende voordele:
- Ontvang twee Romanzas elke maand vir slegs R130,00
- Bestel jou derde en vierde Romanza vir slegs R50,00 elk
- Jy kry 50% afslag op alle SuperRomanza
- Jy kry 30% afslag op alle LAPA-boeke (dit sluit Romanza, afgemerkte boeke of enige ander spesiale aanbiedinge uit). Hierdie bestellings kan telefonies geplaas word by 012 401 0700 of via e-pos by [email protected]
- ’n RomanzaKlub-sak ter waarde van R50,00 word eksklusief aan nuwe lede gestuur.
- Ons stuur maandeliks vir jou die RomanzaKlub-nuusbrief propvol inligting oor ons skrywers en hul verhale.
- Nuwe aansoeke se aftrekorder sal die eerste van die volgende maand verhaal word, waarna die boeke versend sal word.
Het jy geweet?
- Wanneer jy ’n romanse lees, veroorsaak dit ’n chemiese reaksie in jou brein wat jou goed laat voel.
- Dit verlig stres op ’n natuurlike manier.
- Jy ervaar ‘n gevoel van emosionele versorging omdat die held die heldin se diepste behoeftes verstaan.
- Lesers voel dat dit hulle insig in hul eie verhoudingsprobleme gee.
- Dit dra by tot vroue se bemagtigingsproses omdat die heldin ‘n vrou in eie reg is.
- Die jongste lesers is tieners en die oudstes is in hul 90’s.
- Romanselesers is die mees belese lesers in die wêreld. Hulle is sterk, intelligente en kreatiewe vroue wat presies weet wat hulle wil hê.
- Sielkundiges stem saam dat die romanseleser warm, vriendelik en sensueel is.
- Daar is omtrent 2% mans wat romanses lees. Baie van hulle lees dit omdat hulle graag wil weet hoe vroue voel en dink.
SLUIT VANDAG NOG AAN!
Jy kan aansluit vir:
2 boeke teen R130,00
3 boeke teen R180,00 of
4 boeke teen R230,00.
RomanzaKlub-pryse is onderhewig aan jaarlikse verhogings.
Gaan na https://lapa.co.za/romanzaklub of stuur ’n e-pos na [email protected] om aan te sluit.