kategorieë: WenkeSkoonheid

Bederf jouself met “blomme” wat langer hou.

Deur Corné Greeff & Suzanne Kotzé. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Blomme word gereeld  gebruik in skoonheidsprodukte – van fyngeure tot velsorgprodukte – want dit ruik nie net lekker nie, maar het ook baie voordele vir jou vel. Hier is ’n paar van ons gunstelinge.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Super serum

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dié produk is een van Kalahari se nuwe produkte, die Kalahari Phytoflora Serum (R240), wat onder meer gemaak is van bestanddele soos Bulgaarse rose, kappertjies, asook ander plantbestanddele wat die mikro-flora van jou vel balanseer en onderhou en jou vel beskerm teen besoedeling.

Die Bulgaarse roos help jou vel om gesonder te verouder en help om jou metaboliese aktiwiteit van jou vel se weefsel weer te heraktiveer. Sellulêre metabolisme is die natuurlike proses van velhernuwing. Soos ons egter ouer word, word hierdie proses stadiger en al hoe meer dooie selle versamel en bly sit op die boonste lagie van ons vel vir langer tydperke. Dit veroorsaak dat ons vel moeg en dof lyk.

Kappertjie-ekstrak help om jou vel te beskerm teen veroudering en plooie wat veroorsaak word deur UVB-strale en digitale besoedeling.

Vrolike, vroulike en vars parfuum

Folli Follie het twee verkillende parfuums waarvan jy kan kies. Dis ’n ideale toevoeging tot jou lenteversameling. Die Folli Follie Floral (R990 vir 50ml en R790 vir 30ml) is vroulik, sag en tydloos. Dit bevat note van rose en lelies en selfs patsjoelie.

Lente is nie noodwendig net blomme nie, maar dit vier ook die vars nuwe begin. Die Folli Follie Fresh Parfuum, (R990 vir 50ml en R790 vr 30ml) is elegant en onvoorspelbaar, met vrugtenote en geure van pioenroos en dallelie. Die geur van rose laat jou kalm voel en word gereken as ’n romantiese geur.

Hierdie gesigsproei ruik heerlik, verfris en streel jou vel

Die Nirvana Natural Bliss Rose Water Facial mist (R129 beskikbaar by nirvananaturalbliss en takealot) wat hoofsaaklik uit rooswater-ekstrak bestaan is nie net ’n goeie grimeerspoei om jou grimering heeldag vars te laat lyk nie, maar is ook ideaal vir diegene wat sukkel met ’n sensitiewe of droë vel. Rooswater word al vir duisende jare deur kulture regoor die wêreld gebruik: Selfs Cleopatra het dit glo gereeld gebruik!

Rooswater-ekstrak is anti-inflammatories en koel jou vel af en help om dit te streel en kalmeer en minder rooi en geïrriteerd te laat lyk. Dit handhaaf ook jou vel se pH-vlakke met gereelde gebruik en verminder die voorkoms van aknee, letsels en ’n ontsteking van die vel. As jy dit gereeld gebruik help dit jou vel om die regte pH-vlakke te handhaaf, wat weer help om onsteking – en ook aknee en letsels te verminder.

Geure uit die roostuin

Die Dolce & Gabbana Garden Eau de Parfum (R1 060 vir 30ml, R1 440 vir 30ml en R1 895 vir 75ml) se bottel is gepas vir die lente en die doppie is geïnspireer deur ’n nuwe blom wat oopgaan. Dit het ook ’n sagte, vars geur soos dié van ’n roostuin in volle blom. Geure van die frangipaniblom, vrugte-ekstrak en lemoenbloeisels word gebruik en dan word dit afgerond met ’n subtiele sitrusgeur.

Lieflike laventel

Morlage & Yorke se Floral Meadows Lavender-reeks bestaan uit ’n vloeibare handwasseep (R65 vir 300ml), hand-en-lyfroom (R65 vir 300ml), hand-en-naelroom (R60 vir 100ml) Bad- en stort-jel (R60 vir 300ml) asook ’n sepie (R55 vir 250ml). Laventel, een van die hoofbestanddele, is bekend vir sy kalmerende en ontspannende effek en daarom is hierdie reeks ideaal om te gebruik na ’n lang dag as jy net wil ontspan. Juis hierom word laventel dikwels in spabehandelings of aromaterapie gebruik. Die delikate blom het ook eienskappe wat help met die herstel van littekens, plooie, rekmerke en brandwonde.

Geur vir jou vel

Die LUSH Rose Jam Body Spray (R395) bevat bestanddele soos rose, vetplante en malva. Jy kan dit oor jou hele lyf sproei sodat jy  heeldag vars sal bly en sal ruik. Elke sproei sal jou ook skoon hou, aangesien dit ’n tikkie suurlemoen bevat. Dit kan veral byderhand kom op daardie onverwagse warm dae wanneer jy dalk meer sweet as wat jy gedink het jy sal.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.