Bederf jouself en WEN met BABOR! – Inligting en foto’s verskaf
BABOR Grand Cru
Met die Grand Cru Edition het BABOR ’n eksklusiewe en buitengewone ampulbehandeling vir ’n veeleisende vel geskep. Drie presies gekoördineerde ampulkonsentrate, met eksklusiewe roosekstrakte, skep ’n baie effektiewe en omvattende anti-verouderingservaring.
Die Rose Ampoule met damaskroosekstrak sorg vir onmiddellike vermindering van plooie.
Die White Ampoule met witroosekstrak van die Alba-roos gee ’n meer egalige en frisser gelaatskleur.
Dié ampulbehandeling eindig met die swart Baccara-roos. Die Black Ampoule beskerm die vel teen vrye radikale en werk dus voortydige veroudering teë.
Kaleido Shimmer Gin
Kaleido se Shimmer Gin sluit botaniese produkte soos roosbottel, roosmalva en roosblare in – roserig, maar nie oorweldigend nie!
Die blinkers maak dié handelsmerk jenewer meer stylvol en aangenaam, en boonop verseker die verskillende geure dat Kaleido Shimmer Gin die perfekte jenewer vir Valentynsmaand is.
NetFlorist
Bederf jouself en bestel vars rose by NetFlorist, want blombestellings sal binne 24 uur na bestelling afgelewer word.
Bederf jouself en WEN met BABOR!
Een gelukkige rooi rose-leser kan ’n heerlike BABOR ampulbehandeling,’n bottel Kaleido Shimmer gin en glase, én ’n NetFlorist-geskenkbewys, alles ter waarde van R3 094, wen!
Bepalings en voorwaardes geld.
Sluitingsdatum: 29 Februarie 2020
[gravityform id=”517″ title=”true” description=”true”]