kategorieë: Ontspanning

Bateleur is voël van die jaar en top wyn-etiket

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis die Bateleur Chardonnay 2020 wat daardie gesogte titel ingepalm het. Die stompstertarend of berghaan (Bateleur in Engels) is Suid-Afrika se voël van die jaar en as De Wetshof se belangrikste wyn-etiket, is dit genoeg rede om ‘n behoorlike wynproe van hierdie bekroonde wyn te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Heerlike wynproe met De Wetshof se Bateleur en ander Chardonnays en noenmaal deur die bekende sjef Luke Dale-Roberts en sy span van Salon in Kaapstad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Só het Johann de Wet, uitvoerende hoof van die landgoed, onlangs by ‘n noenmaal en proe in Kaapstad by die gesogte Salon van sjef Luke Dale-Roberts vertel.

“Die voël is op die bedreigde spesie lys en ‘n majesteuse dier wat min mense die kans kry om te sien.”

Hy het vertel dat sy pa, Danie, destyds met die eerste bottelering van dié Chardonnay in 1991, Bateleur gedoop het. Hy het destyds besef hierdie is ‘n spesiale wyn en elke wintervakansie met sy seuns, Johann en Peter, in die Kruger wildtuin gaan kuier. Toe hulle weer die berghaan sien, wat hoër vlieg as ander voëls en elegant op die windstrome gly, het hy geweet dis die regte naam vir sy wyn.

“Want hy het gevoel hierdie is ‘n wyn wat ook hoër vlieg as enige ander. Hy klap nooit sy vlerke, is grasieus, maar sterk.”

Johann de Wet, uitvoerende hoof van die De Wetshof landgoed, sjef Luke Dale-Roberts en Bennie Stipp, bemarkingsdirekteur van die landgoed.

Danie de Wet word nie verniet as Suid-Afrika se Mnr. Chardonnay gereken nie. Statistieke van die wynlandskap in die sewentigerjare toon dat ongeveer 60% van die totale wingerd-aanplantings uit Steen, Palomino en Cinsaut bestaan het. Hier was geen Chardonnay nie. Danie keer in 1971 as 22-jarige wynmaker begeesterd van die Geisenheim Instituut in Duitsland terug na die familieplaas, maar besef gou die leemte aan Chardonnay en ander edel wit kultivars.

Hy was oorgehaal om edele wit druifsoorte te plant, omdat sy professors hom laat besef het dat De Wetshof se grond en klimaat uiters geskik sal wees om uithaler-witwyne te maak.

Hy is egter wreed ontnugter omdat Suid-Afrika toe net nie die druifsoorte gehad het om wêreldklas wyne van te maak nie. Hy en ’n paar eendersdenkende wynboere het besef dat om ’n beter toekoms vir die wynbedryf én wêreldklas wyne te maak, nuwe kultivars nodig is en om hierdie visie te verwesenlik, daar landbouwette omseil sou moes word, want anders gaan hulle 15 jaar moet wag!

‘n Spyskaart wat bewys het hoe veelsydig Chardonnay nou eintlik is. Die disse is deur wêreldlande inspireer.

Danie kuier in 1972 in Europa en sien die sukses wat van sy klasmaats met wil kultivars in die warmer streke floreer. Twee mislukte pogings om materiaal van oorsee in te bring, breek gelukkig nie sy moed nie. Danksy ander privaat landgoedere wat – deur Swaziland ondermeer – baie goeie Chardonnay-materiaal die land ingesmokkel het en sy goeie vriend, Jan Boland Coetzee, bekom hy uitstekende materiaal. Jan het in 1980 vir Joseph Drouhin, een van Boergondië se voorste Chardonnay-produsente, gewerk en het  steggies uit die Clos des Mouches-wingerd gesny en saam met die skrywer, Emile Joubert se pa, Fritz, ’n joernalis wat Jan in Frankryk besoek het, gestuur. Emile was ook by die funksie by Salon en kon eerstehands nog staaltjies vertel.

“Drie sulke pogings is uit die wingerde van Clos de Mouches suksesvol uitgevoer: van stokkies wat in my pa se jaspante ingewerk is tot sjokoladeboksies vol stokkies en kernfisikuste wat gehelp het en die Coetzee-gesin se bagasie en seun se doeksak wat ingespan is, toe hulle ’n jaar in Frankryk teruggekeer het na Suid-Afrika.”

Johann de Wet het in 2006 by De Wetshof aangesluit en toe al geweet van die “wonderlike mistieke Chardonnay-wingerd van 3,5 hektaar” wat in 1987 geplant is en waaruit die Bateleur-druiwe kom.

Hy en sy broer, Peter, wat op die plaas vir logistiek en finansies verantwoordelik is en ook die vonkelwyn maak, onthou ook dat die Bateleur elke Sondag met lamsboud bedien is, toe hulle nog jonk was. Maar Chardonnay is volgens hom geweldig veelsydig en ‘n pasmaat vir bykans elke dis, soos wat sjef Luke Dale-Roberts se spyskaart bewys het.

Peter en Melvyn Minnaar, wynskrywer en Peter de Wet klink ‘n glasie op Peter se lekker vonkelwyn.
Die landgoed se Cap Classique vonkelwyn, Blanc de blancs, word deur Peter de Wet gemaak.

Benewens die Bateleur-proe van die 2006, 2009, 2012, 2018, 2020 en 2022 oesjare, het ons ook die geleentheid gehad om ander ongehoute; gehoute Chardonnays en Peter se vonkelwyn, die Blanc de blancs, te proe.

Benewens die Bateleur-proe van die 2006, 2009, 2012, 2018, 2020 en 2022 oesjare, het ons ook die geleentheid gehad om ander ongehoute; gehoute Chardonnays en Peter se vonkelwyn, die Blanc de blancs, te proe. more

Johann het vertel: “My filosofie is om die vingerafdruk van die grond waaruit die druiwe kom, vas te vang. Elke oesjaar verskil natuurlik, maar daar is ‘n goue draad regdeur te bespeur. Daarom proe ons vandag die jongste na die oudste.

“Ons wynmaak verander nie. Ons gebruik 90% nuwe vate en dit verander nie. Maar modegiere verander. En ons filosofie het ook effe vernuwe. Ons oes die druiwe so koel as moontlik. Ons wyne is nou skraler en meer mineraalagtig, maar alle oesjare verouder baie goed,” het hy vertel.

Hoe lekker en mooi is hierdie broodjie nie?
Die dis, Chipotle tuna Caeser, is deur Meksiko inspireer en kon met enige van die De Wetshof Bateleur-oesjare of die Limestone Hill, Calcrete, Bon Vallon, Finesse of The Site Chardonnays geniet word. more
Die Eend Suzette is ‘n lekker speling op Crépe Suzette en het vir mooi teater gesorg met geflambeide sous en sitrus.
Nagereg so reg uit Frankryk, Madeleine, met kastaiingroomys, geposjeerde peer en koffie meringue.

Lees ook: Twee eeue van erfenis gevier

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid – en wat jy daaraan kan doen

Dit is belangrk dat jy weet wat die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid is.

18 mins Gelede

Die beste mediese fonds vir enkellopende vrouens

As enigste versorger, kan mediese uitgawes 'n groot impak op hul finansies hê, daarom is…

5 hours Gelede

8 maniere om kreatiwiteit in skole en tuis te kweek

In `n vinnig veranderende wêreld waar nuwe uitdagings voortdurende voorkom en dringende oplossings verg, is…

6 hours Gelede

Vis: Kook een keer, eet drie keer

Nie seker wat om met oorskiet-vis te doen nie? Ons wys jou hoe jy een…

1 day Gelede

Gesonde rotskoekies

Bestanddele   325 ml (225 g) koekmeel ’n knypie sout 5 ml (1 t) koeksoda…

1 day Gelede

Outydse Toskaanse teekoekies

Bestanddele   900 g koekmeel 5 ml koeksoda 15 ml bakpoeier uitgedrukte sap en gerasperde…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.