Serves:Maak sowat 2 literNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
80 g strooisuiker
80 ml (1⁄3 k) water
15 ml (1 e) suurlemoensap
2 hande vol basiliekruid
500 ml (2 k) melk
300 ml room
80 g strooisuiker, ekstra
6 eiergele
6 suikerwafelkeëls
3 perskes, in wiggies gesny
50 g amandels, liggies gerooster ’n hand vol basiliekruidblare, vir opdiening
Instructions
1 Bring die suiker en water in ’n klein kastrol tot kookpunt. Laat afkoel. Sit die suurlemoensap en basiliekruid in ’n bak en voeg die afgekoelde suikermengsel by. Verwerk met ’n stokmenger tot glad. 2 Gooi die melk, room en ekstra suiker in ’n kastrol en verhit oor matige hitte tot die suiker opgelos is, maar moenie dat dit kook nie. Trek van die hitte af. 3 Klop die eiergele en 60 ml van die warm melkmengsel in ’n groot bak tot glad. Meng die oorblywende melkmengsel by en gooi terug in ’n skoon kastrol. 4 Roer vir 8-10 min. oor lae hitte, of tot die mengsel verdik en die agterkant van die lepel bedek. Moenie laat kook nie. Laat effens afkoel. Bedek en sit in die yskas totdat dit koud is. 5 Roer die basiliekruidstroop by die vla in. Gooi in ’n roomysmasjien en vries oornag volgens die masjien se aanwysings. 6 Sit die basiliekruidroomys in keëls voor met perskewiggies, amandels en basiliekruid.