- 10 g (15 ml) gelatien
- 60 ml (1/4 k) water
- 300 ml vars room
- 2 eierwitte
- 110 g strooisuiker
- 125 ml (1/2 k) vrugtepuree, soos frambose, aarbeie en bloubessie
- sap van 1 suurlemoen
1 Gooi die water by die gelatien en hou eenkant. Klits die room tot dit begin styf raak en hou in die yskas.
2 Klits die eierwitte tot sagte punte begin vorm en voeg die strooisuiker bietjie vir bietjie by. Klits tot blink, glad en styf.
3 Sny die vrugte effens kleiner en verwerk in ’n voedselverwerker tot ’n gladde puree.
4 Vou eers die vrugtepuree by die room in en dan die eierwitte.
5 Voeg die suurlemoensap by en vou versigtig in.
6 Smelt die gelatien vir ’n paar sekondes in die mikrogolf se ontvriesstelling of oor warm water. Dit mag nie kook nie, maar maak seker dat dit heeltemal gesmelt is. Hou die gelatien hoog bokant die bak en gooi dit in ’n dun straaljie by die mousse, meng deurentyd. Wees versigtig om nie die mengsel te oorwerk nie.
Lees ook: Stap vir stap soetgoed