Genoeg vir 2 koeke
Basiese sponskoek
Ingredients
- 4 eiers
- 260 g strooisuiker
- 280 g koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- 250 ml melk
- 100 g botter
- 5 ml vanielje
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer twee 17,5 cm-koekpanne met bakpapier uit vir hoë koeke, of twee 20 cm-panne vir laer koeke, en spuit met kleefwerende kossproei.
2 Klits die suiker en eiers tot dik en lig.
3 Sif die meel en bakpoeier saam en vou by die eiermengsel in.
4 Verhit die melk en botter, maar moenie laat kook nie.
5 Roer die warm melkmengsel by die res van die bestanddele en gooi die vanielje by.
6 Verdeel die mengsel tussen die pannetjies en bak vir 25-30 min. in die middel van die warm oond tot goudbruin.
7 Gooi die warm suurlemoenstroop vir ons Suurlemoenkoek oor die warm koek (klik hier vir die resep).
Basiese botterversiersel
Meng 500 g botter, 500 g versiersuiker en 5 ml vanielje met ’n handklitser en klop tot die versiersel lig en donsig is.