Genoeg vir 1 groot tert of 6 kleintjies.
Bestanddele
- 500 ml (2 k) koekmeel
- 250 ml (1 k) sagte botter
- 125 ml (½ k) suurroom
- 5 ml (1 t) sout
Metode
- Meng al die bestanddele en knie liggies tot ’n sagte deeg vorm. Verwerk dit andersins in ’n voedselverwerker tot die deeg bymekaarkom.
- Verdeel die deeg in twee dele en druk die deeg effens platter (dit help met die uitrolslag). Laat rus vir minstens 30 min. in die yskas.
Lees ook: Steak-en-niertjie-pastei
Lees ook: Botterskorsie-en-amandel-quiche
Lees ook: Beesskenkelpasteitjies