Deur Vicki de Beer. Foto deur Neil Corder
Basiese roomsop
Gebruik die roomsop as basiese bestanddeel en vervang net die sampioene met ’n bestanddeel van jou keuse.
Die roomsop is heerlik met ’n ekstra skeppie dik room of crème fraîche en saam met pannekoekstapeltjies. Vervang die helfte van die gewone sampioene deur wilde sampioene soos porcini’s vir ’n spesiale geleentheid.
Opdiening: ’n Hand vol sampioene - enige verskeidenheid soos oestersampioene, portobellini of swartsampioene. Sny dit in dik skywe en soteer in ’n rokende pan tot sag. Artisjok en suurlemoensop met romerige Griekse jogurt Dit is altyd gerieflik om ’n paar blikkies artisjokke in die kas te hou om hierdie elegante sop op te tower. Gebruik die basiese resep vir die sampioensop. Vervang die sampioene deur 250 g geblikte artisjokke (gedreineer). Soteer eers die uie en voeg dan die artisjokke en aftreksel by. Rasper die skil van ’n suurlemoen by die sop en druk net voor opdiening ’n bietjie suurlemoensap in die sop. Sit die sop met vars gekapte sprietuie en ’n skeppie dubbelroom Griekse jogurt voor. Geblikte salm werk net so goed, verwyder net die swart velletjies. Jy sal 2 x 200 g-blikkies salm benodig. Gebruik ook room pleks van melk en giet aan die einde 15 ml (1 e) sjerrie by. Aspersie en parmesaanroomsop met mascarpone Gebruik die basiese resep vir die sampioensop. Vervang die sampioene deur 250 g vars aspersies wat met die hand in klein stukkies gebreek is. Soteer eers die uie en voeg dan die aspersies saam met die aftreksel daarby. Roer aan die einde 60 ml (¼ k) gerasperde parmesaan in die sop en sit warm voor met ’n skeppie mascarpone op elke bakkie sop. Eindig met ’n paar parmesaankrulle wat jy met ’n groenteskiller kan sny, of nog gerasperde parmesaan. Blomkool en bloukaassop Gebruik die basiese resep vir die sampioensop. Vervang die sampioene deur 250 g blomkoolblommetjies wat met die hand in klein stukkies gebreek is. Soteer eers die uie en voeg dan die blomkool en aftreksel by. Krummel laastens sowat 50 g romerige bloukaas soos gorgonzola of simonzola by die sop en laat smelt. Geur ook met neutmuskaat en swartpeper. Krummel net voor opdiening ekstra bloukaas oor die sop.Sampioenroomsop as basis
Ingredients
Instructions
Variasies