Basiese pienkskuimpoeding met Ideal-melk
Ingredients
- Dis belangrik dat die Ideal-melk yskoud moet wees, anders kan jy dit nie klop nie. Sit die blikkie oornag in die yskas.
- 15 ml (1 e) poeiergelatien
- 30 ml (2 e) water
- 22 g (1 pakkie) aarbeijellie
- 400 ml (1 blik) koue Ideal-melk
- 410 g (1 blik) koejawels, gedreineer
- Lemoenskuimpoeding
- Genoeg vir 6
- 4 eiers, geskei
- 90 ml (¼ k + 2 t) suiker
- 180 ml (¾ k) lemoensap
- fyn gerasperde skil van ½ lemoen
- fyn gerasperde sap en skil van ½ suurlemoen
- knypie sout
- 30 ml (2 e) kookwater
Instructions
1 Sprinkel die gelatien oor die water en laat spons vir 5 min.
2 Maak die jellie volgens die aanwysings op die pakkie aan.
3 Smelt die gelatien op die ontvriesstelling in die mikrogolf. Meng deur die jellie.
4 Klop die Ideal-melk styf. Meng die helfte deur die jellie en vou die res in.
5 Verwerk die koejawels in ’n voedselverwerker. Vou deur die poeding.
6 Spoel ’n 2 liter-jellievorm met koue water uit en gooi die mengsel hierin. Laat set vir 2 uur of oornag in die yskas.
7 Keer uit voor opdiening.
VARIASIES:
Groen Skuimpoeding
Genoeg vir 6
Vervang die aarbeijellie in die basiese resep deur groen jellie. Vervang die koejawels deur geblikte pere. Meng die fyn gerasperde skil van 1 lemmetjie by.
Geel skuimpoeding
Vervang die aarbeijellie in die basiese resep deur pynappeljellie. Vervang die koejawels deur 2 x 110 g-blikke grenadellapulp. Meng die fyn gerasperde skil van 1 lemoen by.
Lemoenskuimpoeding
1 Klop die eiergele tot baie dik en skuimerig. Klop die helfte van die suiker daarby. Roer die lemoensap en -skil en suurlemoensap en -skil by.
2 Gooi die sout en kookwater versigtig by.
3 Sit oor kokende water en roer met ’n houtlepel tot die mengsel dik is. Verkoel.
4 Klop die eierwitte styf, voeg die ander helfte van die suiker by en klop tot glansend. Vou die eierwitte by die lemoenmengsel in.
5 Spoel ’n ronde jellievorm met ’n inhoudsmaat van 1 liter met koue water uit. Gooi die mengsel hierin en laat stol vir 3 uur of oornag.