Instructions
Jy kan die pasta met die hand meng
1 Sit die meel op ’n skoon werksvlak en maak ’n holte in die middel. Breek die eiers daarin en gooi die olie en sout by.
2 Werk die meel bietjie vir bietjie met jou vingers van die kante af by die eiers in tot alles ingewerk is. Knie die deeg tot glad en elasties en vorm in ’n bolletjie.
3 Draai in kleefwerende plastiek toe en laat rus vir 30 min. in die yskas voor jy die deeg begin uitrol.
Jy kan pasta in ’n voedselverwerker meng
1 Sit al die bestanddele in die voedselverwerker en meng vir 30 sek. tot dit net begin bymekaarkom.
2 Keer op ’n skoon werksvlak uit en knie verder met die hand tot glad en elasties.
3 Vorm in ’n bolletjie, draai in kleefwerende plastiek toe en laat rus vir 30 min. in die yskas voor jy die deeg begin uitrol.
Rol dit reg uit
1 Verdeel die deeg in 4 kleiner balle. Gebruik meel of mielieblom op ’n skoon werksvlak, en op die masjien wanneer jy die pasta uitrol.
2 Begin op die laagste stelling (nr. 1) van die rollers. Druk die deeg effens platter met jou hand en druk deur die roller. Vang die deeg aan die onderkant.
3 Vou die deeg se twee punte na die middel toe en herhaal die eerste rol so drie keer. Dit gee vir jou ’n eweredige, breë strook om mee te werk.
4 Stel die roller op na die tweede stelling en rol die strook weer deur. Bestuif die deeg met bietjies meel sodat dit nie vassit nie. Herhaal totdat jy by die sesde stelling is.
5 Hang die deeg oor ’n stok sodat dit effens winddroog word voor jy dit sny.
Vul die pasta
Dis maklik om ravioli met vars pasta te maak, jy moet net vinnig werk. Kies vulsels wat nie te pap is en gaan uitkook nie. Kry die vulsel en ’n geklopte eier gereed voor jy begin rol.
1 Rol ’n lang strook pasta uit en sit op ’n meelbestrooide werksvlak.
2 Plaas hopies van die vulsel in die middel van die strook pasta, laat 4-5 cm tussen elke hopie oop. Smeer die oop dele op die pasta met die eier.
3 Rol nou ’n tweede strook pasta uit en bedek die onderste strook daarmee.
4 Begin by die een punt en druk die pasta tussen die vulselhopies plat. Werk enige lugborrels met jou vingers uit.
5 Sny ravioli met ’n groot genoeg koekiedrukker uit. Druk die kante met jou vingers plat om goed te seël.
Speel met kleur
Kleur pasta met natuurlike kleurstowwe:• Groen Kook 300 g spinasie (sny die wit stingels uit) vinnig in borrelende kookwater. Dreineer en dompel in yskoue water. Druk met jou hande al die water uit die spinasie en druk verder met handdoekpapier droog. Kap fyn. Laat 2 van die eiers weg uit die basiese resep en voeg die spinasiepuree by. Voeg nog meel by as dit te sag en taai is.
• Pers Kook 1 middelslagbeet sag en verwerk tot fyn. Laat 2 eiers weg uit die basiese resep en voeg die beetpuree by. Voeg nog meel by as dit te sag en taai is.
• Swart Laat 1 eier weg uit die basiese resep en voeg 30 ml swart.