Basiese maalvleismengsel
Ingredients
- #rooirosewenk
- Indien jy ’n losser maalvleismengsel verkies, gooi 250 ml (1 k) fyn broodkrummels en 60 ml (¼ k) jogurt by. Ons het nie die maalvleis gesout voor dit gevries is nie omdat dit water sal trek, maar moenie vergeet om dit met die kookslag te geur nie.
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 1 ui, fyn gekap
- 2 klein selderystingels, fyn gekap
- 1 wortel, fyn gerasper
- 30 ml (2 e) vinkelsaad, liggies gerooster
- 15 ml (1 e) gekapte knoffel
- 500 g gemaalde beesvleis
- 500 g gemaalde varkvleis
- gerasperde skil van 1 groot of 2 klein suurlemoene
- 15 ml (1 e) mosterdpoeier
Instructions
1 Braai die ui, seldery en wortel in die verhitte olyfolie in ’n groot braaipan tot goud en voeg die vinkel en knoffel by.
2 Braai vir nog 5-10 min. tot sag. Trek van die hitte af en laat heeltemal afkoel.
3 Meng die twee soorte maalvleis in ’n groot bak en gooi die afgekoelde ui-mengsel, suurlemoenskil en mosterd by. Meng goed deur maar moenie oormeng nie.
4 Skep porsies van 500 g in sakkies en vries of gebruik dadelik.
Rooi Rose
Lees Meer
Grondboontjie-en-vark-roerbraai
06/11/2024
Italiaanse worsiepasta
22/10/2024
Tamatietertjies
22/10/2024