Ons het die sop met happiegrootte vetkoekies voorgesit. Dis net klein genoeg om al die vleissappe op te suig wat die sop nóg kragtiger maak.
750 gram beesstert, in stukke gesny
5 ml (1 t) sout
1,5 liter geurige aftreksel, gemaak volgens ons basiese resep, of 1 blokkie beesvleis-aftreksel aangemaak met 1,5 liter warm water
1 liter water
125 ml (½ k) klaargemengde sopmengsel soos gedroogde ertjies, gort of lensies.
3-4 middelslagwortels, in blokkies gesny
2-3 selderystingels, fyn gesny
2-3 aartappels, in blokkies gesny
2-3 middelslaguie
1 lourierblaar
1 knoffelhuisie, fyn gekap
5-10 ml (1-2 t) sout
’n hand vol gekapte pietersielie
ekstra sout en peper
My ma se kragtige groentesop
Ek het grootgeword met dié sop, dit vries uitstekend en is heerlik vullend en lekker. Supermarkte verkoop pakkies “sopgroente”, wees net versigtig vir te veel seldery en rape, want albei het sterk, oorheersende smake. Jy kan die vleis weglaat en groente-aftreksel gebruik. Ons het die sop in klein pampoentjies opgedien.
3 stukke beesbors (brisket)
3 stukke skenkels
2 uie, gekap
2 selderystingels of selderyblare
’n halwe raap
2 groot aartappels, geskil en gerasper
2 groot tamaties, geskil en gerasper (skil deur die
tamaties in kookwater te
dompel, dreineer en trek
die velletjies af)
2 groot uie, gerasper
3-4 liter tuisgemaakte hoenderaftreksel, of 2 hoenderblokkies met 4 liter water aangemaak
’n hand vol gekapte pietersielie
2 hande vol macaroni (wat my ma uitskep sodra dit sag is en fynmaak voor sy dit teruggooi as verdikker)
3-4 eetlepels tamatiepasta
Instructions
Beesstertsop
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. 2 Geur die vleis liggies met sout en verbruin aan alle kante in ’n oondpan in die oond saam met 125 ml (½ k) aftreksel. 3 Skep die vet af en sit die vleis in ’n 3 liter-sopkastrol. Voeg die res van die aftreksel, die sopmengsel en groente by. Gooi die water by. Jy hoef aanvanklik nie al die water by te voeg nie, sorg net dat die vleis en groente bedek is. Geur met sout en peper. 4 Sit die deksel op en laat prut stadig vir sowat 2-3 uur of tot die vleis van die bene afval. Roer die pietersielie net voor opdiening by. Geur weer met sout en peper indien nodig. 5 Jy kan die vleis bene en al opskep, of die bene uithaal - die meeste behoort redelik skoon te wees. Trek die vleis andersins met ’n vurk los.
My ma se kragtige groentesop
1 Verbruin die vleis in ’n groot sopkastrol met ’n inhoudsmaat van sowat 6 liter. 2 Voeg al die groente en kruie, asook die tamatiepasta by. 3 Bedek met water en laat prut vir 3-4 uur. 4 Sit die vleis met die geurige, dik groente-aftreksel voor.