Deur Vickie de Beer. Foto deur CRPhotographic
Bestanddele
- 4 eiers
- 250 g volvetroomkaas
- 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
- 20 ml (4 t) xylitol
- 250 ml room
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
Metode
Voorverhit die oond tot 150 °C.
- Maak jou gunsteling tertkors. (Of gebruik hierdie resep se kors.)
- Meng al die bestanddele vir die kaaskoek deeglik saam.
- Vul die tertpan/pannetjies met die vulsel en bak tot geset en liggoud.
- Sit met vars bessies of grenadella voor.
