Basiese hoender-en-groente-sop
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 45 ml (3 e) botter
- 30 ml (2 e) koekmeel
- 2, 5 l (10 k) warm hoenderaftreksel (klik hier vir ons resep)
- 10-12 baie klein wortels, in die lengte middeldeur gesny
- 125 ml (½ k) room
- 500 ml (2 k) gevriesde ertjies
- 500 ml (2 k) gaar hoendervleis
- sout en gemaalde swartpeper
- ’n handvol pietersielie, gekap
Instructions
1. Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte. Roer die meel by en braai vir 1 min. tot ligbruin.
2. Gooi die aftreksel geleidelik by en roer deurentyd. Voeg die wortels by en laat prut vir 10 min. tot sag. Roer deurentyd.
3. Sit die room, ertjies en hoender by en laat opkook. Geur na smaak en roer die pietersielie deur.
Lees nog:
Rooi Rose
Lees Meer
Lenteslaai met ’n verskeidenheid eiers
30/10/2024
Worsiepasta
14/10/2024