Sif al die bestanddele saam en hou in lugdigte houers.
Bestanddele
705 ml (2¾ k + 1 e + 2 t) van bogenoemde basiese witbroodmeelmengsel
10 ml (2 t) sout
10 ml (2 t) strooisuiker
10 ml (2 t) Xanthum gum-poeier
20 g (2 pakkies) droë gis
350 ml (11/3 k + 1 e + 1 t) louwarmwater
30 ml (2 e) olyfolie
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ’n 18 cm x 10 cm-broodpan met kleefwerende kossproei en strooi rysmeel in, skud die oortollige meel uit. 2 Sif die meel, sout, suiker en Xanthum gum saam in ’n mengbak. Roer die gis deur. 3 Meng die water en olie. Gooi by die meelmengsel en meng met ’n houtlepel tot ’n sagte deeg vorm. Skep in die pan en maak die bokant effens glad. 4 Bak vir 45 min. tot 1 uur tot goudbruin rondom. Indien die kante nie bruin is nie: Haal die brood uit die pan, sit op die oondrak en bak vir nog 10 min. 5 Laat heeltemal afkoel op ’n draadrak voor dit gesny word.