Basiese brooddeeg
Genoeg vir 1 brood
1 Meng die gis, meel en sout in ’n groot mengbak. 2 Gooi die water in ’n ander groot mengbak, voeg die helfte van die meel daarby sodat dit ’n slap deeg vorm. Voeg die ander meel lepel vir lepel by tot dit ’n hanteerbare deeg vorm. Knie die deeg vir ±10 min. op ’n meelbestrooide werkvlak tot glad en elasties. 3 Smeer ’n skoon bak liggies met olie, sit die deeg daarin en smeer die bokant van die deeg ook liggies met olie sodat dit nie uitdroog nie. Bedek met ’n doek of kleefplastiek en laat rys tot dubbel die grootte. 4 Knie die deeg terug en vorm ’n ronde brood. 5 Verhit die oond tot 220 ºC; spuit ’n bakplaat of broodpannetjie met olie of kossproei. 6 Laat rys die deeg weer tot dubbel die grootte. Smeer eers weer die bokant met olie en bedek met ’n doek of kleefplastiek. 7 Bak die brood vir 45 min. tot ’n uur sodra dit uitgerys is. 8 Toets só of die brood gaar is: klop aan die onderkant om te hoor of dit hol klink, of druk ’n toetspen in, verkieslik ook aan die onderkant, anders is daar ’n gaatjie in die kors. 9 Laat effens afkoel voor jy die brood sny. Basiese brooddeeg
Ingredients
Instructions
Hooffoto: Klaus Nielsen vir Pexels
Lees ook: