Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Die burgers kan ook oor die kole gebraai word; smeer elke vleiskoekie net deeglik met olyfolie en braai oor warm kole. Moenie te gou omdraai nie, dit sal vanself losbraai van die rooster.
Basiese vleismengsel
1 wit broodrolletjie, of 2-3 snye witbrood, gekrummel
125 ml (½ k) Bulgaarse jogurt
5 ml (1 t) mosterdpoeier
5 ml (1 t) fyn gekapte knoffel,
gerasperde skil van een suurlemoen
500 g beesmaalvleis
1 eier
sout en gemaalde swartpeper
’n handvol pietersielie, ruweg gekap
sowat 45 ml (3 e) olyfolie vir die braaislag
Bykomstighede
6 sesamsaadbroodrolletjies, liggies gerooster
6 skywe sagte gorgonzola
’n hand vol roketblare
gekaramelliseerde uie
Instructions
1. Meng die gekrummelde brood en jogurt deeglik deur met ’n vurk. Laat week vir sowat 5 min. tot die brood sag is. Maak fyn met ’n vurk. 2. Voeg die res van die bestanddele by. Geur met sout en gemaalde swartpeper. Meng goed deur met ’n vurk sodat daar geen klonte is nie. 3. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n kleefwerende pan. Verdeel die maalvleismengsel in 6. 4. Gooi ’n bietjie olie op jou hande en rol die dele in netjiese bolletjies. Druk hulle effens plat en braai in die olie tot dit van die pan loskom en bruin is aan albei kante. Verlaag die hitte en braai tot die vleiskoekie binne ook gaar is. 5. Sit die vleiskoekie op ’n sesamsaadrolletjie. Gee hierdie ou gunsteling nou ’n nuwe baadjie met ’n lekker skyf gorgonzola, gekaramelliseerde uie en ’n hand vol roketblare.