1. Meng die gekrummelde brood en jogurt deeglik deur met ’n vurk. Laat week vir sowat 5 min. tot die brood sag is. Maak fyn met ’n vurk.Basiese biefburger
Ingredients
Instructions
2. Voeg die res van die bestanddele by. Geur met sout en gemaalde swartpeper. Meng goed deur met ’n vurk sodat daar geen klonte is nie.
3. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n kleefwerende pan. Verdeel die maalvleismengsel in 6.
4. Gooi ’n bietjie olie op jou hande en rol die dele in netjiese bolletjies. Druk hulle effens plat en braai in die olie tot dit van die pan loskom en bruin is aan albei kante. Verlaag die hitte en braai tot die vleiskoekie binne ook gaar is.
5. Sit die vleiskoekie op ’n sesamsaadrolletjie. Gee hierdie ou gunsteling nou ’n nuwe baadjie met ’n lekker skyf gorgonzola, gekaramelliseerde uie en ’n hand vol roketblare.