kategorieë: KalenderOntspanning

Barrels & Beards-fees

Botrivier se wynmakers keer binnekort terug na die stam waar Gandalf, Lincoln, Chuck Norris, Castro en hul bebaarde soort waghou. En soos dit die gewoonte is, sal hulle ’n partytjie gooi soos geen ander nie. Barrels & Beards, nou in sy sewende jaar, het al ’n instelling geword, waar Botrivier-wyne se nuwe oesjaar vereer word op hul heilige reis van verkoelde wingerde van hierdie manjifieke vallei, tot in die wynliefhebber se glas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wanneer 22 April 2017 aanbreek, gaan die bekende lirieke van die 1960’s-musiekblyspel weer opgeroep word: “She asks me why. I’m just a hairy guy; I’m hairy noon and night…” Want dis die datum vir die kiewe kennebakke Barrels & Beards-partytjie, waarna almal genooi is. Vanjaar nooi Barrels & Beards weer alle pret- en kosliefhebbers na ’n heerlike feestelike aandete en om wyne van die jongste oes uit die vat te proe, by die heuwelagtige gronde van Barton Vineyards.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Meer as net die geleentheid om jou poniestert los te maak en jou baard reg te stryk, huldig Barrels & Beards die wingerde in die vallei, waar unieke wyne gebore word. Die soeklig val op elke individu wat bygedra het en kyk na die toekoms met ’n “Bot se beste“-wynveiling van raar en spesiale oesjare, ten bate van die kinders van Botrivier. Die veiling het danksy die geleentheid se entoesiastiese besoekers reeds bykans R200 000 ingesamel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Produsente wat aan die 2017 Barrels & Beards-feesvieringe deelneem, is Anysbos, Barton, Beaumont Family Wines, Gabriëlskloof, Genevieve MCC, Goedvertrouw Landgoed, Luddite Wines, Maremmana Landgoed, Momento Wines, Paardenkloof Estate, Rivendell Landgoed, Villion Family Wines en Wildekrans Boetiek Wynlandgoed.

Tot almal se groot vreugde is die jaarlikse baardparade die geleentheid se ‘harige’ hoogtepunt. Hier word ernstige, diep nadenkende beoordelaars ingeroep om aan baarde te trek, te streel en te meet om die algehele wenner van die gesogte titel van Beste Bot-baard aan te wys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierna volg die veiling van die spesiale Botrivier-wyne, wat verskeie skoolvlak opvoedkundige projekte befonds en gevolg word deur die Botriviera-aandete, waar ’n heilsame feesmaal van alles plaaslik en lekker geniet word. Gaste kan vanjaar smul aan die vallei se eiesoortige aanbiedinge.

Botrivier is ’n uur se ry op die N2 uit Kaapstad. Dis ’n heerlike plattelandse wegbreek en die streek is bekend vir sy wynpioniers en onafhanklike denkers. Daar is 13 wynplase wat meestal in familiebesit en -bestuur is. Botrivier word gereeld onderskat en is ook bekend vir sy bewarings-inisiatiewe.

Die 2017 Bot River Barrels & Beards-vertoonstuk word op Saterdag, 22 April 2017 om 5nm gehou en kaartjies is beskikbaar teen R450 per volwassene. Kry jou kaartjies by www.quicket.co.za voor dit te laat is! Vir navrae en vooraf-besprekings, kontak Wilmari Geyer by info@bartonvineyards.co.za of bel 084 231 8930.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: wyndagboek

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

3 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

6 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

7 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.