Barbie: meer voorkomste vir elke smaak! – Deur Zoë Salzwedel. Foto’s: Verskaf
Die nuwe voorkomste sluit in ’n Barbie-pop sonder hare, ’n pop met vitiligo, ’n pop met ’n goue prostetiese ledemaat, ’n Ken met lang hare en die eerste rooikop Ken-pop. Die verskeidenheid nuwe Barbie-poppe sluit aan by die res van die meer as 170 diverse poppe in die Fashionistas-reeks wat sedert 2015 bestaan.
Die Barbie Fashionistas-poppe is ’n modieuse groep vriende wat graag elkeen hul unieke persoonlikhede deur hul verskillende style wil uitdruk.
Barbie Fashionistas vier uiteenlopende voorkomste met unieke modepoppe wat regte verhale en drome openlik aanmoedig. Gaan loer gerus hier na die hele reeks Barbie-Fashionistas.
Elke Barbie Fashionistas-pop het haar eie voorkoms en styl – van gemaklik koel tot boho-bold, en elke voorkoms is geïnspireer deur die nuutste tendense en modes.
Die Barbie Fashionistas-reeks bied vir meisies ’n uiteenlopende groep poppe om van te kies. Die groot verskeidenheid wat deur dié reeks aangebied word, is ontwerp om meisies te inspireer om ook hulle eie stories met die wêreld te deel, en ’n pop te kies waarmee hulle self identifiseer. Oor die afgelope vyf jaar het die Fashionistas-reeks ontwikkel om meer verteenwoordigend te wees van die wêreld daar buite en dit wat meisies daagliks rondom hulle sien.
Dié reeks bestaan uit poppe met meer as 170 nuwe voorkomste, insluitend:
- ’n Groter verskeidenheid velkleure, haarkleure en -teksture, oogkleure, gesigsvorme en modes.
- ’n Groter verskeidenheid liggaamsvorme – van lank na kort, petite of met rondings en selfs ’n pop met ‘n kleiner borsmaat, minder gedefinieerde middel en meer gedefinieerde arms.
- Poppe wat permanente gestremdhede weerspieël, soos ’n pop met ’n prostetiese ledemaat en pop met ’n rolstoel en oprit.
- ’n Ken-pop met ’n groter verskeidenheid velkleure, liggaamsbou, oogkleure en haarstyle.
- Mattel – die Amerikaanse speelgoedonderneming wat Barbie vervaardig – bied nou Barbie-poppe met 5 verskillende liggaamsvorme, 22 velkleure, 76 haarstyle, 94 haarkleure en 13 oogkleure. Ken-poppe is beskikbaar in 4 verskillende liggaamsvorme, 18 verskillende gesigsvorme, 13 velkleure, 9 oogkleure en 22 haarkleure.
Vanjaar bou Barbie voort op die boodskap van diversiteit en inklusiwiteit in die modepop-industrie deur ’n multidimensionele beeld van skoonheid en mode te skep, en dogtertjies wêreldwyd kan nou uitsien na nog vyf toevoegings tot die Fashionista-reeks. Hulle is:
- ’n Pop sonder hare
Die pop weerspieël die nuutste haartendense wat wêreldwyd op die loopplank en die alledaagse lewe te sien is. As ’n meisie vir enige rede haarverlies ervaar, of aan ’n siekte soos Alopecia ly, kan sy beslis by dié pop aanklank vind.
- ’n Pop met ’n donkerder velkleur en ’n goue prostetiese ledemaat
In 2019 het Barbie, in samewerking met die 13-jarige Jordan Reeves, ’n verskeidenheid poppe bekend gestel wat permanente gestremdhede weerspieël – waaronder ’n pop met ’n prostetiese ledemaat. Jordan Reeves is op ’n missie om kreatiewe oplossings te vind wat kinders met gestremdhede help om ’n speelervaring te skep wat so verteenwoordigend as moontlik is. Vanjaar het Barbie ’n tweede pop met ’n donkerder velkleur en ’n prostetiese ledemaat by dié reeks gevoeg.
- ’n Barbie-pop met vitiligo
Terwyl Barbie voortdurend herdefinieer wat dit beteken om ’n ‘Barbie’ te wees, of soos Barbie te lyk, bied hulle nou ook vir kinders ’n pop met die vitiligo, ’n velaandoening, in hul hoofpop-reeks. Om dié pop te ontwerp, het Mattel nou saamgewerk met ’n dermatoloog om te verseker dat Vitiligo akkuraat voorgestel word.
- ’n Ken met lang hare
Ken se nuutste haarstyl is ’n eerste in dié reeks en verskil van die tradisionele Ken-haarstyl, want die keer het Ken lang, goue lokke.
Barbie, wat boonop vanjaar haar 61ste verjaarsdag vier, se pogings tot groter diversiteit en inklusiwiteit vind wye aanklank, iets wat bewys is deur die feit dat meer as die helfte van alle Barbie-poppe wat in 2019 wêreldwyd verkoop is, poppe uit die uiteenlopende Fashionista-reeks was. Onder die tien topverkoper Barbie-poppe was daar sewe uit die reeks, onder andere die rolstoel-Barbie. In die Verenigde Koninkryk was albei die Barbie-poppe met rolstoele in onderskeidelik eerste en tweede plekke onder die topverkoper Fashionista-poppe, terwyl die internasionale topverkoper Fashionista-pop van 2019 die curvy swart Barbie-pop met afro-hare was.
Nog interessante feite oor dié reeks:
1. Die Barbie Fashionistas-reeks het in 2016 die voorblad van die TIME-tydskrif gehaal.
2. Dié reeks bestaan uit 176 poppe met 9 liggaamsvorme, 35 velkleure en 35 haarstyle
3. Die Barbie Fashionistas-reeks het nou twee verskillende voetgroottes: die langer, curvier Barbie-Fashionistas-poppe het groter voete as die petite, korter poppe.
4. ’n Ontwerpspan het twee jaar lank in die geheim gewerk om Barbie te “reinvent” in die hoop om haar meer relevant te maak, en só het die Barbie Fashionistas-reeks ontstaan. Gaan loer gerus hier na die hele proses.
Die nuwe Fashionistas-reeks is reeds sedert Maart 2020 landswyd by groothandelwinkels beskikbaar. Die voorgestelde verkoopprys per Barbie-pop is R209,99
WEN met Barbie!
Een gelukkige rooi rose-lesers staan die kans om ’n pragtige Barbie-geskenkpak ter waarde van R1 700 te WEN!
Bepalings en voorwaardes geld.
Sluitingsdatum: 8 Mei 2020
[gravityform id=”531″ title=”true” description=”true”]