Kan Banters vas?

Kan Banters vas? deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie is artikel 12 in ’n reeks van 14 waar Salomé dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Woensdag, die sesde week

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Is die vasdieet die nuwe manier om gesond te leef?

Ja, in teorie – en vir banters sowel as mense op die gebalanseerde koolhidraat-gebaseerde dieet.

Daar is een net voorwaarde: watter leefstyldieet jy ook al volg moet jy steeds gesond eet op jou nie-vasdae. Die feit dat jy vas is nie ‘n verskoning om die res van die tyd jou te vergryp aan kitskos en soetgoed nie.

Dit is juis een van die besware teen die vasdieet: voedingkundiges vrees dat mense basiese gesonde eetgewoontes by die venster gaan uitgooi en verruil vir kitskos met te baie ongesonde vette en te min vars groente.

Vas en die gebalanseerde koolhidraatdieet

Op jou vasdae eet jy soos bepaal deur jou keuse van vas – niks of baie min. Eet op jou nie-vas dae so:

  • 5-10 groente
  • stysels soos brood, pasta en hawermout
  • suiwel soos melk, kaas en jogurt
  • proteïene soos vleis, vis en hoender (rooivleis 3-4 keer per week)
  • eiers (gemiddeld een per dag is voldoende)
  • 1-2 vrugte en
  • ‘n bietjie olyfolie, kanola-olie, botter en neute

Lees ook: Als wat jy moet weet oor eiers

Kan jy bant en vas?

Mens sou dink dat die Bantingdieet, wat in beginsel koolhidrate uitsluit, ook beteken dat jy heeltyd ‘n lae bloedglukose handhaaf. Dit is egter nie waar nie. Alle kos wat jy eet – proteïene, vet en koolhidrate – word na glukose omgesit.

The Real Meal Revolution, wat die leiding neem omtrent Banting in Suid-Afrika, sê Banters baat  beslis as hulle hul bloedglukosevlak gereeld met ‘n vas behoorlik verlaag. Daarom sluit hulle nou ‘n gereelde vasting in as opsie by hul jongste Banting-riglyne. Hulle gaan sover as om aan te beveel dat Banters gereeld vas.

Wat eet jy as jy vas en op die Bantingdieet is?

Eet op jou vasdae soos jou vaspatroon aandui. Eet die res van die dae gesond volgens die Banting-beginsels:

  • Genoeg dierevette – nie te min nie en ook nie te veel nie. Dit moet jou net-net versadig laat voel;
  • Baie laekoolhidraatgroente. Dit moet die grootste deel van jou dag se kos uitmaak. Eet veral koolgroentes, soos spinasie, roket, blaarslaai, broccoli, brusselse spruite, kopkool en blomkool, asook tamaties, aspersies, sampioene en murgpampoentjies.
  • ‘n Bietjie vleis – soveel soos vantevore of minder. Die Bantingdieet is nie ‘n hoë-proteïendieet eet nie. Eiers tel ook as ‘n proteïen; en
  • Min vrugte en neute – dalk een porsie per dag.
  • Party mense gebruik kaas, melk en jogurt; ander sluit dit uit omdat dit tog heelwat koolhidrate bevat.
  • En natuurlik eet Banters so min as moontlik stysels – min of geen brood, pap, beskuit, lekkergoed, soetgoed, aartappels, pastas, pizzas, koek, muffins, en so aan.

Jy kan vas met enige leefstyldieet kombineer. Maar doen dit rég.

Oor na jou

Laat weet of jy vasting toe ook ‘n lewenstyl gemaak het? Is jy ‘n Banter wat vas of ‘n koolhidraateter wat vas? Hoe kombineer jy die vas deel van jou soort leefstyl? Hoe maak jy seker dat jy taamlik gesond bly eet wanneer jy nie vas nie?

Groete van vastende tot vastende!  Salomé

Lees ook

Nota

As jy ‘n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.