kategorieë: Ons menseBekendes

Liane Heyl oor ‘Banana Air’: ‘Ons het net gelag en gelag!’

Dié komediereeks draai om die persoonlike en professionele verhoudings van lugwaardinne en vlieëniers, en elke episode is gelaai met absurde penaries en onverwagse wendings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Liane vertolk die rol van Hester Bester, die senior lugwaardin van die laekosterlugredery Banana Air. Hester is ’n ernstige en mededingende kollega, en sy is ook in ’n verhouding met die getroude Piston (Markus Muller), Banana Air se gesoute vlieënier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wanneer Hester ontdek dat Piston dalk nie so toegewyd is as wat sy gedink het nie, is daar behoorlik turbulensie in die lug!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Liane sê dat Banana Air vir haar ’n dadelike ja was. “Dis altyd lekker om met Willie Esterhuizen-hulle te werk, want daar is geen ego’s op die stel nie. Dis net amazing en jitte, het ons gelag! Elke dag op stel was next level lekker. Dit was so amazing om stel toe te gaan, want ons het net gelag en gelag.”

En watter rol sal Liane nog wil speel? “Iemand wat glad nie soos ek is nie. So, ek wil graag ’n karakter speel wat butch is en ’n moordenaar of so iets is. Iemand soortgelyks soos wat Charlize Theron in Monster gespeel het.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As Liane nie kykers op die kassie vermaak nie, gee sy aanlyn Engelsklasse vir kinders in Europa tussen die ouderdomme van vier en twaalf. Sy is ook besig met oorklanking en vertaal tekste uit Spaans, Frans en Koreaans na Engels en Afrikaans.

In haar vrye tyd is sy omtrent ’n sosiale vlinder. “Ek hou graag partytjie met my vriende en ek spandeer baie tyd met my dogter, Willow. En dan stap ek ook gereeld met my brakke.”

Skakel elke Maandagaand in op kykNET (DStv-kanaal 144) om te kyk wat Hester Bester alles in Banana Air aanvang. Dié reeks is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: “Hi Barbie!” Danielle Retief vertel meer oor haar ‘Banana Air’-karakter

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

6 slaapprobleme, 6 oplossings

Sukkel jy om te slaap? Ons deel ses oplossings vir ses moontlike probleme sodat jy…

19 hours Gelede

GARDENA se tuinwenke en -idees vir herfs

Die dae word korter en die lug koeler en herfs bring ’n unieke sjarme en…

22 hours Gelede

Hoe skoon is jou selfoon nou eintlik? Hou jou foon só skoner

Jou selfoon is dalk jou regterhand, maar navorsers het al ernstige bakterieë soos MRSA, Ecoli…

1 day Gelede

Redes hoekom jou neus maklik bloei

Jy vra: Hoekom bloei my neus so maklik? Ons het die redes gaan uitvind. #rrGesondheid

2 days Gelede

Sewe toekennings later… nou is ‘Som van Twee’ in fliekteaters te sien!

Die goeie nuus is dat dié feestreffer nou in fliekteaters landwyd te sien is.  …

2 days Gelede

Vandag is Wafeldag! Hierdie is die beste-este wafels

Genoeg vir 6     Bestanddele   250 g repiesspek 100 g pekanneute 15 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.