Ballet vir die pret: Hoekom Barre-oefeninge goed is vir jou
Ballet vir die pret: Hoekom Barre-oefeninge goed is vir jou deur Anet Schoeman.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Sommige mense raak kortasem van opwinding by die gedagte daaraan om sesuur op ’n Sondag-oggend 70 km te gaan fietsry, of ure in die gim saam met ’n slawemeester te oefen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Dan is daar ’n veel groter groep wat vermoed hierdie bittereinders is van ’n verre planeet.
Maar die waarheid is dat oefening ’n mens lekker laat voel, jy lyk beter en is gesonder.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Barre-oefeninge is op ballet gegrond en kan jou siel en lyf bevoordeel, en dis dalk net die ding wat jou weer uit die rusbank en aan die beweeg gaan kry. Jy word sterker en fermer, en ’n goeie postuur laat jou slanker en jonger lyk.
Al ooit opgemerk hoe ’n fier en regop houding jou slanker en sterker laat lyk? Gaan staan voor die spieël, rek jou nek, trek jou skouers reguit en na agter, stoot jou bors uit, trek die maagspiere saam en boude in.
Volgens kenners is dit wat gereelde Barre-sessies vir jou kan doen.
Lees ook: 4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen
Dit is ’n kombinasie van ballet, pilates en joga.
Die kombinasie van strek en op kleiner spiere soos jou kernspiere fokus, is ideaal as jy ’n oefensoort soek wat jou hele lyf oefen. Of jy dit by ’n ateljee of gim doen (Barre 180 by Virgin Active), dit bly goeie oefening.
Jy gaan nie eensklaps van Little Lotta in Phyllis Spira verander nie. Dis nie ’n kardiosessie waar jy baie energie verbrand en op die manier gewig verloor nie. Dis ideaal as jy Barre met ander kardio-oefeninge soos stap, hardloop, fietsry of swem kombineer as dit jou doelwit is.
Hooffoto: Pexels
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.