kategorieë: Ontspanning

Ballade vir ’n Enkeling

Vanaf 20 Maart 2015 kan Suid-Afrikaners weer die nostalgie agter Ballade vir ’n Enkeling herleef nes in die jare tagtig – dié keer op die grootskerm met ’n nuwe en vars benadering tot hierdie legendariese storie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Bekende Suid-Afrikaanse akteurs soos Donnalee Roberts, Rolanda Marais, Armand Aucamp en Jacques Bessenger, asook nuwelinge Christia Visser, Edwin van Jaarsveld, Luan Jacobs, Miles Petzer en ander het saam met The Film Factory ’n nuwe baadjie vir die ikoniese TV-reeks aangetrek.Hierdie treffer-reeks, wat in 1987 kykrekords laat spat het, se storie word nou weer vertel – dié slag onder leiding van die jong regisseur, Quentin Krog.'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Krog was reeds betrokke by baie van Suid-Afrika se voorste film-, televisie- en teater-projekte. Sy onlangse optredes as rolprentakteur sluit in Blitzpatrollie, asook kykNET se dramareekse Donkerland, Vloeksteen en Boland Moorde, asook Swartwater (SABC) en die kykNET-kortfilm Buurtwag. Sy mees onlangse reeks as regisseur was die TV-reeks Sterlopers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ballade vir ’n Enkeling word ook onthou vir die treffertemas Voshaarnooi, geskryf deur Louis van Rensburg en Ballade vir ’n Enkeling, geskryf deur Richard van der Westhuizen. Louis en Richard het ook saam gewerk aan die klankbaan vir hierdie reeks wat goue status bereik het.

Nou, in 2015, word hierdie treffers in ’n nuwe gedaante aangebied deur Joshua na die Reën en Die Heuwels Fantasties. Joshua na die Reën, is verantwoordelik vir ’n nuwe weergawe van Voshaarnooi, terwyl Die Heuwels Fantasties hul eie klank aan Ballade vir ’n Enkeling gee. Voshaarnooi se enkelsnit tref radiostasies op 29 Januarie 2015 en sal gevolg word deur die uitreiking van die musiekvideo eksklusief op Jukebox kykNET 146 op 21 Februarie 2015. Ballade vir ’n Enkeling se enkelsnit word ook gedurende Februarie 2015 uitgereik met die opvolg-video wat vroeg in Maart gewys sal word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Ballade vir ’n Enkeling is ’n romantiese speurverhaal en sal die nostalgie uit die tagtigerjare weer opnuut laat opvlam, maar gaan dié keer ook ’n nuwe geslag betrek. Die geheimsinnigheid, gekoppel aan die liefdesverhaal, sal elkeen wat daarna kyk van voor af betower. Niemand sal onaangeraak hier uitstap nie.

Die storie en draaiboek is geskryf deur Leon van Nierop en is vervaardig deur Danie Bester van The Film Factory met die bekroonde kinematograaf Tom Marais agter die kamera.Die roman, wat ook deur Leon van Nierop geskryf is en deur Tafelberg Uitgewers uitgegee is, is reeds vanaf Augustus 2014 op die rakke.

Ballade vir ’n Enkeling word plaaslik op 20 Maart 2015 op die groot skerm uitgereik. Ster Kinekor Entertainment is die verspreiders.

Volg Ballade vir ’n Enkeling aanlyn en op Sosiale Media:
Webwerf: www.balladefilm.co.za
Facebook: www.facebook.com/Balladefilm

Twitter: @Balladefilm
#MoenieDinkNiedoenNet
Lokprent
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

2 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

2 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

3 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

3 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

5 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.