kategorieë: GebakKos

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige bestanddele in heerlike skeppings verander word. Dit bring groot dinge soos herinneringe, vreugde en samehorigheid mee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Saadiyah Hendricks: Bring hulde aan die tradisie met fyngebak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer Saadiya Hendricks (@sadiesbubbleofyum) vir Eid al-Fitr bak, strek dit vir haar veel verder as die kombuis. Dis ‘n jaarlikse ritueel waardeur eenvoudige handelinge in kosbare herinneringe omskep word. As kind het sy en haar ma weke lank hul harte daarin gestort om lekkernye vir hul gaste te bak. Elke skinkbord met koekies het verteenwoordigend geraak van ‘n versameling van stories, tradisies en drome. Maar van al die heerlike snoepgoed, was daar een koekie wat vir Saadiyah uitstaan en dit is speserykoekies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Speserykoekies

Nostalgie met elke happie

Die speserykoekies is geen gewone bederf nie; dit proe soos nostalgie wat die essensie van enige geleentheid is; en dis ’n familie-erfstuk wat deur generasies oorgedra word. Die sleutel van hierdie kosbare resep lê in die towerkrag van Royal Baking Powder, wat vir die ligte en krummelrige tekstuur sorg.

Met haar video nooi Saadiyah ons in haar kombuis in en deel sy hoedat sy speserykoekies bak om ’n tradisie te vereer en om betekenisvolle oomblikke te skep. Soos sy die deeg uitrol en die koekies met die witsjokolade en pistasieneute versier, herinner sy ons daaraan dat bak nie net oor die bestanddele gaan nie, maar oor die liefde wat tydens elke stap ingestort word.

Speserykoekies

Deur Saadiyah Hendricks – @sadiesbubbleofyum

Lewer 20-24 koekies

Bestanddele

  • 250 g botter
  • 50 g strooisuiker
  • 1 eier
  • 60 ml (4 e) mielieblom
  • 5 ml (1 t) Royal Baking powder (vir daardie perfekte ligte tekstuur!)
  • 250 ml (1 k) meel (voeg meer by indien nodig)
  • 5 ml (1 t) gemengde speserye
  • 5 ml (1 t) fynkaneel
  • 5 ml (1 t) fynnaeltjies

Metode

  1. Verroom die botter en suiker tot bleek en donsig vir 5 minute.
  2. Voeg die eier by en klop tot dit goed gemeng is.
  3. Sif die droë bestanddele (insluitend die Royal Baking Powder), en vou dan saggies in om te meng. Indien nodig, voeg meer meel by om ’n sagte deeg te vorm.
  4. Rol die deeg in ‘n dik wors, bedek dit met kleefplastiek en laat dit in die yskas vir minstens ‘n uur afkoel.
  5. Voorverhit die oond tot 180°C en berei die bakplaat met bakpapier voor.
  6. Verwyder die kleefplastiek, sny die deeg en plaas die koekies op die bakpapier met plek tussenin. Bak vir 12 minute en laat die koekies dan heeltemal afkoel.
  7. Versier na wense – Saadiyah giet gesmelte sjokolade met fynkaneel oor en strooi dan gekapte pistasieneute oor.

Eid al-Fitr se soetste oomblikke

Eid al-Fitr gaan oor verbintenis – om brûe van liefde oor gedeelde maaltye te bou en kosbare tradisies te vier. Om as familie saam te bak, raak ’n viering wat met warmte, afwagting en vreugde gevul is.

Met hierdie geliefde familieresep, herinner Saadiyah ons daaraan dat groot oomblikke vir die beste bestanddele vra, en dis hoekom Royal Baking Powder ’n moet-hê in enige kombuis is.

Eid Mubarak!

Lees ook: Duncan Johnson oor Skemergrond se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

32 mins Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

5 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

5 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.