kategorieë: Ons menseBekendes

Babakoors: Hierdie bekendes verwag pienkvoete in 2025

Hierdie Suid-Afrikaanse bekendes het onlangs opwindende baba-nuus gedeel:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bernice West

Die sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het onlangs aangekondig dat hulle hul eerste klein lyfie in Januarie 2025 verwag. Die paartjie het die opwindende nuus op Instagram gedeel deur aanhangers met ‘n ‘nuwe liedjie’ te verras wat toe al die tyd hul swangerskap-aankondiging is. Hul het nog nie hul eersteling se geslag bekend gemaak nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Melinda Bam

Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika 2011, en haar man Adriaan Bergh, Mnr. Suid-Afrika 2011, verwag hul tweede kind in Januarie 2025. Die egpaar, wat tans vakansie in St. Tropez, Frankryk hou, het die nuus met hul volgelinge in ‘n stylvolle foto op Byblos Beach gedeel. Hul eerste kind, Ruach, is verlede jaar 10 Maart gebore.

Tamaryn Green-Nxumalo

Dokter Tamaryn Green-Nxumalo, ook ‘n voormalige Mej. Suid-Afrika, “kon nie vir ‘n beter geskenk op haar 30ste verjaardag gevra het nie.”  Sy en haar man, Ze Ndwandwe Nxumalo, het gister hul baba-nuus in ‘n hartroerende video op sosiale media gedeel. Dit is hul eerste kind, en die verwagte geboortedatum is nog nie bekend nie.

Mila Guy en Bennie Fourie

Die akteurspaar Mila Guy en Bennie Fourie het onlangs hul swangerskap en die geslag van hul eersteling in twee skreeusnaakse video’s op sosiale media aangekondig. Hulle verwag ‘n seuntjie volgende jaar, Januarie. Mila en Bennie het in April 2023 na jare van vriendskap uiteindelik die knoop deurgehaak.

Greteli de Swardt

Die aktrise Greteli de Swardt en haar man, Juan, het onlangs aangekondig dat hulle hul tweede kind, ‘n seuntjie vroeg volgende jaar verwag. Hul eersteling, Alé, is verlede jaar April gebore, en die video’s wat Greteli op haar Instagram-profiel tot dusver gedeel het, spreek boekdele van die gesin se opwinding oor die nuwe toevoeging.

Lees ook: ‘Een keer om die son’: Weet pa’s altyd beter?

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 hour Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

4 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

17 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.