Roxy Burger en haar man, Neil Shraga, het die afgelope naweek groot nuus gedeel: Roxy is swanger met hul eerste bondeltjie vreugde!
Roxy, TV-aanbieder, blogger en 5FM-TV se YouTube-kanaalproduksieleier, gaan eersdaags nog ’n werkbeskrywing bykry: die van “Mamma.”
Roxy en Neil is verskriklik opgewonde en ook “’n bietjie oorweldig” oor die goeie nuus. Sy is 15 weke swanger en kan nie wag om te sien hoe die babatjie lyk nie. Neil en Roxy weet nog nie of dit ’n seuntjie of ’n dogtertjie sal wees nie en sukkel op die oomblik om aan name te dink, want hulle weet dit gaan die babatjie sy of haar hele lewe bybly.
https://www.instagram.com/p/BWz0VWpAHZe/?taken-by=roxyburger&hl=en
Roxy dink sy sal maklik ook ’n ma kan wees. Sy weet nie watter tipe mamma sy sal wees nie, behalwe dat sy haarself sal wees – en hopelik ’n goeie een daarby!
“As soveel ander vroue dit kan doen, kan ek ook” sê sy.
Die babatjie word na verwagting vroeg-Januarie 2018 gebore en terwyl haar magie groei, sê Roxy al wat sy wil eet is “baie warm kos en enigiets sout.”