Resep deur Rediscover Dairy
Genoeg vir 6-8 porsies
Bestanddele:
1kg baba-aartappels, gekook, afgekoel & gehalveer
¼ koppie (60 ml) roomkaas
½ koppie (125 ml) dubbelroom gewone jogurt
¼ koppie (60 ml) mayonnaise
2 hardgekookte eiers, fyn gekap
¼ koppie (60 ml) agurkies, gekap
Vars gedrukte suurlemoensap
Seesout & varsgemaalde swartpeper, na smaak
Vars basiliekruidblare, om voor te sit
Metode:
1. Voeg die gehalveerde baba-aartappels in ‘n groot mengbak.
2. Meng die roomkaas, jogurt en mayonnaise in ‘n kleiner mengbak. Meng goed totdat die slaaisous glad is.
3. Voeg die slaaisous by die aartappels, saam met die gekapte eier, agurkies en vars suurlemoensap. Geur goed met seesout en varsgemaalde swartpeper.
4. Sprinkel met vars basiliekruid voor opdiening.
Lees ook: Gevriesde druiwe-, kiwi-, okkerneut- en heuning-jogurt-skerwe