kategorieë: Nuut & NouKos

B-well se helper in jou kombuis bied die beste van twee wêrelde!

Wanneer die winterkoue begin byt, soek ons almal na trooskos vol voedsame bestanddele om die seisoenale verkoues en griep weg te hou. ’n Fantastiese manier om die geur in jou disse woema te gee, terwyl jy ook voordelige voedingstowwe by jou dieet voeg, is om B-Well se Canola & Olive Oil Blend te gebruik. Dit is ’n heerlike kombinasie, wat die gesondheidsvoordele en veelsydigheid van kanola-olie bevat, terwyl dit die heerlike smaak van ’n keurig uitgesoekte, ekstrasuiwerolyfolie bied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Voordeel daarvan om B-well Canola & Olive Oil Blend in kos te gebruik, is dat dit aan jou die beste van twee wêrelde bied. Kanola-olie is ’n ontsettend veelsydige kookolie; dit is daarom ’n fantastiese bestanddeel om mee te soteer, braai of rooster. Die neutrale smaak daarvan maak dit egter feitlik geurloos. Saam met die ekstrasuiwerolyfolie, bring dit egter ’n gehalte van smaak na enigiets van marinades, slaaisouse en geroosterde groente sonder om die gebruikswaarde van die kanola-olie te verloor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Benewens B-Well Canola & Olive Oil Blend se veelsydigheid en beter smaak, is dit ook propvol gesonde voordele. Dis baie hoog in omega-3, ’n noodsaaklike vetsuur wat jou liggaam vervaardig en wat jy deur die kos opneem wat jy eet of deur middel van aanvullings kry. Met B-well Canola & Olive Oil Blend kry jy ’n fantastiese dosis omega-3 saam met elke gereg waarvoor jy dit gebruik – hoe gerieflik is dit! Die oliemengsel dra ook die KANSA Smart Choice-seël, ’n onderskrywing van die Kankervereniging van Suid-Afrika, om slimmer, meer gebalanseerde leefstyle te bevorder deur mense te help om gesonder, meer ingeligte keuses te maak. Laastens, maar beslis nie die minste nie, word B-Well Canola & Olive Oil Blend ook deur die Hart-en Beroertestigting van Suid-Afrika onderskryf.

Is jy op soek na ’n paar lekker idees vir maaltye wat jou warm in die winter gaan hou? Of ander maniere waarop jy B-well Canola & Olive Oil kan gebruik? Ons dink dit werk fantasties in ’n mosterd-vinaigrette saam met ’n slaai met geroosterde botterskorsie en quinoa, of as die hoofbestanddeel van ’n pikante kruie-en-knoffel-salsa oor ’n gebraaide biefstuk

Hoekom gebruik jy dit nie om botterboontjies stadig in te kook tot dit met die heerlike smaak van olyfolie deurdrenk is nie? Dit proe ook heerlik saam met ’n branderige jogurtmarinade vir by hoender of selfs oor ’n vol bak hoemoes met komyn bo-oor gestrooi. Natuurlik is dit perfek om by enige temperatuur te gebruik sodat selfs eenvoudige geregte, soos geroosterde soetpatat, beet en baba-aartappels beter met B-well Canola and Olive Oil proe.

Vir verdere inspirasie met resepte, hoekom laai jy nie B-well se jongste kookboek Feastify af nie? Dis ’n gratis kookboek propvol resepte wat so ontwerp is om groepe se mae vol te maak – net die ding vir wanneer die kwik daal en jy eerder vriende en familie vir middagete of ’n aandpartytjie by die huis wil nooi as om na ’n restaurant te gaan. Klik hier vir jou komplementêre kookboek en verken resepte vir wonderlike disse in een pot, ontbyt wat jy vooraf kan berei en heerlike poedings: https://www.bwellfoods.co.za/feastify-celebration-of-togetherness/

Vir meer inligting oor B-well en die reeks produkte, besoek hul webwerf, volg hulle op Facebook en Instagram

Lees ook: Hoender-en-pampoen-pastei

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

8 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

18 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.