kategorieë: Leef gesondGesondheid

As ek maar net vroeër kalsium begin neem het…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Beenverlies vind toenemend oor ’n aantal jare plaas en het geen simptome nie. Die eerste teken van osteoporose is gewoonlik ’n beenbreuk. Om hierdie rede word daar gereeld na osteoporose as die “stil epidemie” verwys.1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is osteoporose?

Osteoporose, wat letterlik “poreuse been”1 beteken, is ’n siekte wat voorkom wanneer die liggaam te veel beenmassa verloor, of te min vervaardig – of albei. Die resultaat is dat die bene in jou liggaam swak en bros word. Hulle kan breek as jy val, of in ernstige gevalle selfs wanneer jy nies, of jou teen iets stamp.1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar pas kalsium in?

Kalsium is een van die hoofboublokke van beenweefsel en dit versterk die skelet. Wanneer die kalsium, wat deur die dieet ingeneem word, onvoldoende is, sal die liggaam kalsium uit die been onttrek en in die bloed vrystel. Dit kan meebring dat die been swak word en mettertyd kan dit iemand vatbaar maak vir osteoporose.3

’n Voldoende hoeveelheid kalsium moet in die liggaam beskikbaar wees om te keer dat bene swak en bros word.

Wie moet moontlik ’n kalsiumaanvulling neem?

Indien jy vatbaar is vir osteoporose (wanneer daar byvoorbeeld ’n familiegeskiedenis van die siekte is) sal jy moontlik ’n kalsiumaanvulling moet neem om te verseker dat jou liggaam genoeg kalsium kry. Die volgende persone mag ook moontlik ’n kalsiumaanvulling nodig hê:

  • Vroue in die vroeë stadium van menopouse met ’n tekort aan estrogeen4
  • Immobilisasie of onvoldoende fisieke aktiwiteit
  • Individue met ’n dieet wat gebrekkig is aan kalsium weens ’n allergie of laktose-intoleransie5
  • Individue met spesifieke siektetoestande, insluitende Cushing se sindroom, rumatoïede artritis en atleetamenorree
  • Individue wat rook of oormatig alkohol gebruik
  • Individue wat chronies die volgende medisyne gebruik: medikasie vir hipertiroïdisme, aluminiumhidroksied-teensuurmiddels, kortikosteroïede, teenstuiptrekkingsterapie en sekere kankerterapieë4

Wanneer behoort ’n mens ’n kalsiumaanvulling te begin gebruik?

Jou beenmassa bereik sy hoogtepunt rondom die ouderdom van 30 jaar.5 Daarna begin die beenselle, wat verantwoordelik is om nuwe beenweefsel te vervaardig, stadiger te werk as dié wat ou beenweefsel weer opneem – dus word die been vinniger afgebreek as wat dit opgebou word. Dit lei tot bros bene.4

Dit is dus belangrik dat beenmassa van ’n jong ouderdom af opgebou word om sodoende osteoporose later in die lewe te voorkom.

Verwysings:

  1. National Osteoporosis Foundation, toegang verkry 27 Maart 2018, https://www.nof.org/patients/what-is-osteoporosis/
  2. Hughes D, Mayer J. Invest in your bones: the role of food and nutrition in building and maintaining strong bones. VSA: Internasionale Osteoporosevereniging; 07 Augustus 2006. 24 p.
  3. Hough, S. et al, NOFSA Guideline for the Diagnosis and Management of Osteoporosis, Journal of Endocrinology, Metabolism and Diabetes of South Africa, 2010, 15 (3): (Aanhangsel 1).
  4. Nasionale Instituut vir Gesondheid. Calcium: Fact Sheet for Health Professionals (Internet). 2014 (opdateer op 2013 Nov. 21; aangehaal 2014 Jan. 27) Beskikbaar by: http://ods.od.nih.gov/factsheets/Calcium-HealthProfessional/.
  5. National Institute of Health. Calcium Fact Sheet for Consumers; 2016 [Updated 2014 June]. Available from: https://ods.od.nih. gov/pdf/factsheets/Calcium-Consumer. pdf.
  6. Slatopolsky E, Calcium carbonate as a phosphate binder in patients with chronic renal failure undergoing dialysis, 1986 jUL 17;315(3):157-61.

Lees ook: Beendigtheid: Hoe om na jou bene om te sien

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.