Hierdie beduidende kontantvoordeel word volgens die AVBOB-raad se goeddunke uitgereik en is die sesde spesiale bonusverklaring wat op die spesiale eeufeesbonus van 2018 volg. Die bonus, wat die “65Alive Cash Benefit” genoem word, sal aan lede se polisse gekoppel word en sal vanaf 15 Januarie 2025 in werking tree.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die 65Alive Cash Benefit is ontwerp om onttrek te word wanneer die polishouer 65 jaar oud raak (mits die polis vir minstens tien jaar in plek is), enige tyd vanaf 15 Januarie 2025. Die naam “65Alive” weerspieël die paslike kondisie. As ’n bystandsvereniging, werk AVBOB onafhanklik van eksterne aandeelhouers wat beteken dat hul lede – AVBOB se polishouers – in die vereniging se winste deel, wat bo en behalwe die gewone polisvoordele uitgedeel word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die sesde spesiale bonus strek verder as net begrafnis- en lewensversekering. Dit sluit beleggingsplanne in – vyf en tien jaar planne. Hierdie beleggingsplanne kwalifiseer vir die 65Alive Cash Benefit, wat uitbetaalbaar word wanneer die polis verval, Van der Riet bevestig.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Alle bestaande polishouers sal die jaarlikse kommunikasiebrief via pos, per SMS of e-pos ontvang wat die polisvoordele en enige toepaslike bonusse en/of 65Alive Cash Benefit sal uiteensit. Ten einde hierdie proses te bestuur, is dit baie belangrik dat die kontakbesonderhede van AVBOB se lede op datum is. Daarom word polishouers aangemoedig om hul inligting op AVBOB se selfdoenportaal te hersien en by te werk: https://selfservice.avbob.co.za/connect/home.
Lidmaatskap in ’n bystandsvereniging bied waardevolle voordele deur langtermyn- lidmaatskapaanbiedinge. Behalwe vir die 65Alive Cash Benefit, kan AVBOB-lede ook voordeel trek uit die Member Rewards en die gratis begrafnisvoordele* ter waarde van R22 500. (Voorwaardes en bepalings geld. Gratis begrafnisvoordele is slegs van toepassing as AVBOB se begrafnisdienste die begrafnis lei.)
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die Member Rewards-program bied ’n hernude geleentheid vir AVBOB-lede om waarde vir hul getrouheid aan AVBOB te ontvang deur ’n versigtig uitgesoekte netwerk van vennote en ’n verskeidenheid van toekennings wat in die daaglikse behoeftes van AVBOB se lede vervul.
Van der Riet het gesê dat AVBOB se onderlinge bystandsmodel verteenwoordig ’n gedeelde verbintenis tot welvaart, wat verseker dat hul lede ten volle voordeel kan trek uit eienaarskap en waardeskepping. “Deur ons winste te herbelê om dienste aan ons lede en polishouervoordele te verbeter, gaan ons voort om hul welstand te prioritiseer. AVBOB is trots om hierdie beduidende kontantvoordeel aan te kondig, wat ons toewyding bevestig om die genootskap se sukses met diegene – ons lede – te deel wat die meeste saak maak,” het hy gesê.
Vir meer besonderhede oor die 65Alive Cash Benefit, besoek: https://www.avbob.co.za/general/65alive of skakel die AVBOB-inbelsentrum by 0861 28 26 21 vir hulp.
AVBOB is 106 jaar oud. Die AVBOB-groep bestaan uit AVBOB Mutual Assurance Society, wat versekeringsprodukte verskaf, en twee filiale – AVBOB Funeral Service en AVBOB Industries, wat kiste en begrafnisware vervaardig. Om ’n bystandsvereniging te wees, beteken dat AVBOB geen eksterne aandeelhouers het nie, maar eerder lede het wat ’n deel van AVBOB se orige wins ontvang. Ons lede is ons polishouers, en ons bystandstatus is die dryfkrag agter ons doel.
Lees ook: Wees positief, leef langer
Middelslagtert genoeg vir 6-8 mense. Bestanddele Deeg 350 g koekmeel 60 ml (¼ k)…
Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf. Dié aantreklike plaasseun en safarigids van Simmenau, sowat…
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Hierdie webwerf gebruik koekies.