Die tyd vir woorde en wenners is net om die draai wanneer die jaarlikse ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 11 September by D’Aria, Durbanville aangebied word.
Tydens hierdie prestige-geleentheid word uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord bekroon.
Finaliste sluit in:
Prosa
• Ester – Kerneels Breytenbach (Human&Rousseau)
• ’n Duisend stories oor Johannesburg – Harry Kalmer (Queillerie)
• Kamphoer – Francois Smith (Tafelberg)
Liefdesroman
• Stiletto’s van staal – Bernette Bergenthuin (LAPA Uitgewers)
• Ewebeeld – Chanette Paul (LAPA Uitgewers)
• Raaiselspieël – Chanette Paul (LAPA Uitgewers)
Poësie
• Karnaval en Lent – T.T. Cloete (Tafelberg)
• Mede-wete – Antjie Krog (Human & Rousseau)
• Al die lieflike dade – Charl-Pierre Naudé (Tafelberg)
Romanses
• Ridder in ’n wit jas – Marie-Louise Steyn (Skuilnaam: Amelia Strydom) (Hartklop)
• Liefde sonder voorbehoud – Elsa Winckler (LAPA Uitgewers)
• Tydlose liefde – Elsa Winckler (Satyn)
Spanningslektuur
• Dubbelspel – Wilna Adriaanse (Tafelberg)
• Die 13de kaart – Madelein Rust (LAPA Uitgewers)
• Donker spoor – Martin Steyn (LAPA Uitgewers)
Dramateks
• In glas – Nicola Hanekom
• Al julle volke – Wessel Pretorius
• Die dag is bros – Wessel Pretorius