kategorieë: DekorLeefstyl

Ateljeenessies – hoe om die meeste uit jou klein spasie te kry

Ateljeenessies – hoe om die meeste uit jou klein spasie te kry deur Cornél Dunn. Hooffoto Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Al hoe meer mense trek in kleiner woonplekkies in en die ateljee-woonplek is geen uitsondering nie. Ons het 9 slim wenke gekry hoe om die meeste te maak van ateljeenessies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Bring die drama!

Jou blyplek is dalk klein, maar dit hoef nie vervelig te wees nie. ’n Goeie skildery of meubelstuk kan die oog van die klein ruimte weglei.

Lees ook: Maak die meeste van klein leefspasies

2. Skei jou bed van die res van die vertrek

Wie wil sy bed in die middel van die vertrek hê? Skep skeiding met skerms of boekrakke.

Lees ook: Die beste raad vir ’n klein blyplekkie

3. Ontklotter

Een manier om jou ateljeeblyplek groter te laat lyk is om van klotter ontslae te raak. Dit sluit tydskrifte, pos en oortollige koffiekoppies in. Kry ook ’n bêreplek vir jou broodrooster, potte en panne.

Lees ook: Jy kan ’n klottervrye huis hê!

4. Kry hoogte met gordyne

Hoë plafonne is nie altyd haalbaar in ’n ateljee nie, maar jy kan dit “skep” deur die gordyne so na moontlik aan die plafon te hang.

Lees ook: 5 dekorflaters om te vermy

5. Skep afsonderlike dele

Jou woonkamer is dalk ook jou slaapkamer, maar jy kan die dele met los matte afmerk.

Lees ook: Immergroen mid-century

6. Skep ’n eethoekie

Daar is verskeie meubels vir klein eethoekies beskikbaar. ‘n Toonbank neem baie plek in beslag, so oorweeg ander opsies, soos ’n tafeltjie met stoele.

Lees ook: Die jongste kombuistendense waarvan jy nou moet weet

7. Bêreplek is belangrik!

Skaf stylvolle oop rakke aan sodat alles ‘n plek het.

Lees ook: Marie Kondo se beste pakwenke

8. Ekstra slaapplek

Koop ’n dagbed pleks van ’n gewone bank sodat jy plek het vir gaste wat oorslaap.

Lees ook: 5 mooi ligte wat jy self kan maak

9. Moenie van kleur vergeet nie!

Hou dit eenvormig met dieselfde kleurskakering in verskillende dieptes.

Lees ook: Hoe om die regte hortjies vir jou huis te kies

Foto: iStock/KatarzynaBialasiewicz

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.