kategorieë: Reis

Askari Game Lodge & Spa: Skep asem

Askari Game Lodge & Spa is in die Plumari Africa Wildreservaat in the Magaliesbergomgewing geleë – net ‘n uur vanaf Johannesburg of Pretoria. Die sterkste aantrekkingskrag is die geleentheid om die Vyf Grotes in ‘n malariavrye omgewing te sien, maar die rooi rose-span het in September 2015 vir ‘n driedagkonferensie daar ingeklok.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die meeste vroue glimlag onmiddellik breed by die gedagte aan ‘n spa-behandeling, en dis presies wat ons klomp gedoen het toe ons hoor hierdie bederf is by ons konferensiepakket ingesluit. Ons kon uit ’n verskeidenheid masseerterapieë, gesigsbehandelings en ‘n luukse pedikuur kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ná die eerste dag se konferensie-konsentrasie is ek Spa toe vir my Earth Massage. Die Spa is ‘n klipgooi vanaf die kamers waar ons tuisgegaan het, en binne sig van die olifantpoel waar die wild kom water drink. As jy genoeg tyd het, kan jy voor en na jou behandeling die talle tuinpaadjies verken of ‘n rukkie langs die spa-swembad of by die juice bar gaan sit en die stadsgejaag laat wegvloei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sommer met die intrapslag was die vriendelike atmosfeer voelbaar. Ek is na die dames se kleedkamer vir my kamerjas en pantoffels en kort voor lank was ek op die masseerbed terwyl Thandi gereed maak vir my massering.

Askari Spa se welsynsfilosofie rus op die pilare van versorging, inspirasie en die gebruik van natuurlike produkte. Hulle kombineer antieke gebruike met byderwetse tegnieke sodat elke kliënt se behoeftes in ‘n gees van balans en harmonie aangespreek kan word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Binne vyf minute het ek egter vrede gehad met Askari Spa se fokus of filosofiese uitgangspunt. Die spanning van spertye en ander eise het onder Thandi se vaardige vingers weggevloei. Ek het my in dié salige belewenis verloor en eers weer tot my sinne gekom toe sy weg is om ‘n glas water te gaan haal. Dit was regtig een van my beste masseerervarings ooit.

Met ons vol program het ek ongelukkig nie kans gekry om die dubbelbuitestort by die couples room, die hidroterapiebad vir paartjies of die stoomkamer uit te toets nie. Ek het wel kennis geneem van pakkette met aanloklike name soos die Morning Mist, Journey to Africa of African Romance Couple’s Package.

Knoop die moontlikheid van Askari Spa-pamperlangsessies in jou oor. Van tyd tot tyd kort elkeen mos ‘n behoorlike bederf …

Meer inligting by www.askarilodge.co.za/ – klik op Spa.

Foto’s verskaf.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

14 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

14 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

15 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

15 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

18 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

18 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.