Asemhalingoefeninge wat jou help om minder te stres
Asem stres weg
Diep asemhaling is ’n wonderlike en hoogs onderskatte manier om jou stresvlak blitsig te verlaag. Die beste van alles is dat jy dit ongesiens, selfs in ’n oopplankantoor kan doen.
- Sit stil en regop. Ontspan jou skouers en maak jou oë toe.
- Asem diep in vir sowat agt tellings, hou jou asem op vir vyf tellings, asem uit vir agt tellings en hou jou asem op vir vyf tellings.
- Herhaal ’n paar keer.
Lees ook: Alles wat jy van brille, lensoorplantings en jou oë wat swakker raak, moet weet
’n Ekstra oefening
Vir ekstra-kragtige ontlading kan jy saam met die uitaseming ook die spiere van jou maag, longe, arms en bene saamtrek tot jy amper-amper in die fetale posisie opkrul.
Ontspan al jou spiere soos jy inasem.
Maak seker jy is alleen as jy hierdie variasie probeer!
Lees ook: