Liewe Tania,
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ek slaap al twee nagte nie. In my kop draal jou storie – vir die wêreld is jy ’n Suid-Afrikaanse ma wat jou drie gestremde kinders vermoor het. Reeds geoordeel, skuldig bevind. Jy slaap (ás jy slaap) vannag weer iewers in ’n Britse polisiestasie. Honger? Nee. Koud? Waarskynlik. Bang? Ja. Gebroke? Sonder twyfel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ek? Ek lees die storie weer, kyk in die nanag aanlyn na die koerantvoorblaaie en dink – jy is 42, net so oud soos ek. Wat regtig hierdie week in jou Britse huis gebeur het terwyl jou man en oudste in Suid-Afrika kuier weet ek, en ander, nie. Dít sal die wêreld weldrae leer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ek? Ek kyk na ander ma’s in hul vroeë veertigs en dink aan die dinge wat ons lewe vul. Sommige klim die korporatiewe leer (en erken) dis stimulerende ontvlugting, ander maak tyd om te gaan oefen (om alles beter te kan hanteer, my kind) en ry smiddae op en af om aan kind en kraai se behoeftes te voldoen, ander (soos ek) balanseer die wêreld van entrepreneur-wees met die eise van huis en haard. Ons dink en praat en droom oor alles wat ons nog wil doen, plekke wat ons wil sien, dinge wat ons saam met ons mans, kinders, geliefdes, ouers, broers en susters wil ervaar. Solank ons en hulle nog hier is.
Ons probeer ons skuld so vinnig moontlik betaal, draai die sente om om seker te maak daar’s genoeg vir eendag se aftrede (wat skielik net twee dekades ver is), en probeer waar ons kan ander help om ’n beter lewe te leef.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Van ons is geseën met uitblinker-kinders op die skool- en sportveld, ander weet dat akademiese of sportprestasies nooit vir hul bloedjies beskore sal wees nie. Vir hulle is dit ’n stryd om oorlewing – hoe om hul plek te vind en kop te hou in hierdie genadelose wêreld. Hulle lê dapper wakker en wonder wie na hul kinders sal omsien as hulle die dag nie daar is nie.
Jy? Ek weet nie. Ek ken jou nie. Wens ek het. “Vir haar het alles net te veel geword,” sê my ma. Jou ma-wees het jou oor die afgrond gedryf. Liefde het sy tol geëis. Glo ek ook.
So wat wil ek eintlik vir jou sê? Dat daar ’n moeilike pad op jou wag? Jy weet dit. Dat jy jou man, kind en familie in die oë moet kyk? Jy stoei daarmee. Dat jy nie alleen is nie en dat daar so baie van ons is wat aan jou dink? Cliché dalk, maar glo dit. Jy moet.
Want ons verloor almal ons balans. Hierdie is vir niemand ’n maklike toertjie nie. Gesonde kinders, siek kinders, gestremde kinders – elkeen eis sy tol. Die balanseerbalk is party dae net gladder as ander. Die eerlike brawes sal dit erken.
Ons verstaan dalk nie, maar verstaan dalk beter as wat ons nou toegee.
Ek ken jou nie. Wens ek het.
Tot volgende week,
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.