kategorieë: Blogs

As jy vergeet om te onthou

Dit gebeur. Daardie besef dat jy jou skoolvriendin se seun se elfde verjaarsdag vergeet het. Dít nadat jy daardie einste oggend lank met haar oor koeitjies en kalfies geklets het. Jy vergeet. Jy voel sleg. Jy bedink ’n plan. Want opmaak moet jy. Vinnig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek betrap myself deesdae ligweg paniekerig as goed my in die gejaag-van-elke-dag begin ontgaan. Name, mense, dinge – ek weet ek het geweet, maar nou het ek vergeet. Dan is Ouma Maria in my kop, ons matriarg aan moederskant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Sterk, stil, ferm, vroulike vrou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kleintyd se wintervakansies op die plaas vars in my geheue. Daar waar jy elfuur soggens tee drink en tuisgebakte koekies eet, en smiddae vieruur ’n koppie moerkoffie kry, dié slag met ’n anderse ietsie soets. Tussendeur trek jy van bed-tot-bed, sonkol-tot-sonkol terwyl skrywer Bettie Naudé se Saartjie Baumann jou geselskap hou.

Uit die hoek van jou kinderoog hou jy Ouma en haar plaasroetine dop – van vroeg tot laat gee sy hoenders kos, haal eiers uit (ek het nooit aangebied om te help nie, te grillerig vir die warm eier onder die sittende hoender se bas), sit melkkanne uit, kook, bak en brou. En maak altyd, altyd tyd vir ’n middaghandwerkie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tot op ’n dag.

Ouma word stil. Praat al minder, soek al meer veiligheid in haar eie wêreld. Oupa neem oor, gee hoenders kos, verwilder die halsstarrige hoender en haal dan eers die eiers uit (ook maar versigtig, dink ek), sleep die melkkanne oor die stoep. Kook, bak en brou word skielik iemand anders se werk.

Die middaghandwerkie word haar dagtaak. Sy brei. Lang stroke grys verskyn onder elke pot, op elke rak. Ons plaasvakansies krimp.

Sien, sy’t vergeet om te onthou.

Versigtig trap ek om my vriendin. Sit laataand op ’n vliegtuig, skryf: Ek’s jammer, ek’t vergeet. Kom die antwoord: “Hoe moet jy dan ook alles onthou met alles wat ewig roer om en binne jou? Die bo-arms is sterk, laat net weet waar ek kan help.”

Hier, kort voor Moedersdag weet ek weer: dis oukei. Jy mag vergeet om te onthou. Solank daar ander om jou is. Dis oukei.

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Motorneuronsiekte: 5 vroeë simptome om raak te sien

Jy stik dalk nie maar net toevallig nie. Van die tekens sluit simptome wat mens…

6 hours Gelede

Spesiale potgooi oor ‘Niggies’ gaan al jou vrae beantwoord

Die eerste episode van kykNET se nuwe dramareeks, Niggies, was skaars uitgesaai toe kykers al…

9 hours Gelede

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/fongleon356   As jy volgende keer tussen…

1 day Gelede

Sensitiwiteit: ’n Gawe of ’n vloek?

Sensitiwiteit is nie ’n swakheid of iets wat reggemaak moet word nie. Dis iets wat…

1 day Gelede

Bob Martin se virtuele portaal vir troeteldierversorging

Soms is dit moeilik om die ouer van ’n troeteldier te wees, veral wanneer dit…

1 day Gelede

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.