kategorieë: Leef gesondGesondheid

As jy kontaklense dra, moet jy van hierdie een siekte weet – en weet hoe om dit te voorkom

As jy kontaklense dra moet jy van hierdie een siekte weet – en weet hoe om dit te voorkom deur Salomé Delport. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dié AK mik vir jou oë

As jy kontaklense dra, móét jy van Acanthamoeba keratitis weet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Acanthamoeba keratitis (AK) is een van die wêreld se nuwe, verwoestende siektes.

Dit is vir die eerste keer in die vroeë tagtigerjare geïdentifiseer – min of meer dieselfde tyd as Vigs.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gelukkig is dit baie, baie skaarser.

Lees ook: 10 maniere om jou kontaklense gesond te hou

Orphanet, ’n webwerf wat inligting oor skaars siektes byeenbring, sê dit tref net sowat 9 uit 100 000 mense, onder wie 85% kontaklens-draers. Aangesien al meer mense kontaklense dra – daar is reeds 150 miljoen van ons, waarvan 60% vroue bo dertig is – is dit logies dat meer van ons AK gaan opdoen. Sover neem die getalle jaarliks toe.

As jy maar net ’n besmette lens kon weggooi en aangaan met jou lewe sou dit minder sorgwekkend gewees het. Maar hierdie amoeba is ’n aggressiewe, gevaarlike kalant wat algehele blindheid in ’n aangetaste oog kan veroorsaak. Daarby is dit bitter moeilik om hom te diagnoseer en net so moeilik om AK suksesvol te behandel.

Meriek van den Berg, optometris van Mellins i-Style, vertel dat sy onlangs haar eerste pasiënt met AK teëgekom het.

“Mense moet regtig bedag wees op AK. As die organisme eers in jou oog indring, kan dit jou sig binne ’n paar dae vernietig. As jy iets vermoed, gaan dadelik na ’n optometris of oogarts sodat jy onmiddellik hulp kry, voor jy meer skade kry.”

Lees ook: Hoe om dubbelwaarde uit jou volgende oogtoets te kry

As jy van jou kontaklense hou en beplan om hulle nog dekades lank te dra moet jy die volgende van AK en die amoeba daaragter weet:

Iets oor Acanthamoeba

Dit is nie ’n bakterie, swam of virus nie maar ’n vryvorm organisme wat byna soos jellie met behulp van suiervoetjies (pseudopoda) seil-gly na waar dit kos kry.

Dit is ook ’n “shapeshifter”. Sodra sake vir hom moeilik raak, verander hy in ’n sist wat hitte, hoë soutkonsentrasies, chloor en talle chemikalieë kan weerstaan. Dit bly in sistvorm tot omstandighede weer gunstig word.

Daarom oorleef hierdie amoeba oral – in grond, stof, lugreëlaars, water, die see, riviere, swembaddens, spa’s, brakwater, gesteriliseerde gebottelde water … noem maar op. Juis dit maak dit taamlik moeilik om van hom ontslae te raak. Selfs net een sist wat in jou oog agterbly, kan AK van vooraf sneller.

Acanthamoeba veroorsaak verskeie siektes by mense: ’n fatale breininfeksie, ’n algemene velinfeksie, veral by mense wie se immuunstelsel onderdruk is, en Acanthamoeba keratitis (AK), soos infeksie in die oog genoem word.

Lees ook: Hoekom jy jou oë teen die son moet beskerm

Wat maak jou kanse op AK goed?

Dit bly onduidelik.

Navorsing in Brittanje en Japan het al aangetoon dat die lenshouers van 400-800 uit elke 10 000 kontaklensdraers met hierdie amoeba besmet is. Maar byna almal bly simptoomvry en gesond, selfs al gebruik hulle dekades lank kontaklense.

Een van die redes hiervoor is dat jou oog ’n hele aantal maniere gebruik om kieme teë te werk. Elke keer dat jy jou oë knip, vee jou ooglid letterlik elke gogga en stoffie weg. Jou trane bevat middels soos musien wat kieme afbreek.

Wie is die ongelukkige slagoffers? Vermoedelik is jou kanse groter as iets met jou immuniteit verkeerd gaan.

“Maar die eerste vereiste is dat die organisme in jou oog moet beland,” verduidelik Meriek. “Ons vermoed dat die organisme van die grond en water via jou hande op jou kontaklense en daarvandaan in jou oog beland. Die ruimtetjie tussen die kontaklens en jou oog is ’n besonder beskutte blyplek vir hierdie amoeba.”

Ons verstaan ook min van hoe die siekte ontwikkel. Dit neem waarskynlik weke en selfs maande voor jy simptome ervaar.

En dan is dit eintlik te laat, sê die Amerikaanse Centers for Disease Control in hul inligtingstuk oor AK.

Die organisme het reeds die boonste lae van jou kornea (die deursigtige lagie bo-oor die gekleurde deel van jou oog) binnegedring. In hierdie stadium kan dit jou sig binne dae – en selfs ure – vernietig.

’n Verdere probleem is verkeerde diagnose. Omdat ons en ons dokters onbekend is met AK word die infeksie dikwels eers as herpes of as ’n ander virus of bakterie gediagnoseer en so behandel.

Meestal reageer die oog goed en dink ons dit is suksesvol. Maar wat eintlik gebeur, is dat die amoeba in sy sistvorm verander en wegkruip tot die omgewing weer gunstig is.

En dan wag ons te lank voor ons hulp gaan soek. As kontaklensdraers is ons gewoond daaraan dat ons oë soms krapperig en/of rooi is. Uit ondervinding weet ons dat dit gou verbygaan ná ons die lense uitgehaal het. Dit is eers as die infeksie vererger dat ons begin vermoed iets meer skort.

Lees ook: Is dit ’n katarak of gloukoom?

Die beste raad teen AK? Herken die simptome en kry dadelik hulp

So verskil AK van ander oog-irritasies

Die uitstaande kenmerk is geweldige oogpyn, sê Meriek. “Gewone ooginfeksies maak jou oë rooi en krapperig maar AK is besonder pynlik ook. Verder traan jou oë erg en sal jy uiters sensitief vir lig wees.

“Moenie wag en hoop dit raak beter nie. Laat ons dadelik kyk, al is dit net om jou gerus te stel.”

Lees ook: Beskerm jou oë teen blou lig

Keer AK suksesvol

Begin met higiëne, higiëne en nogmaals higiëne, sê Meriek.

Hier is nog wenke:

  1. Sorg dat jy elke jaar by ’n optometris of oftalmoloog uitkom vir ’n behoorlike oogondersoek.
  2. Al bestel jy kontaklense oor die Internet is jou jaarlikse oogondersoek ononderhandelbaar.
  3. Daaglikse lense is die duurste opsie maar ook die veiligste omdat die kanse op besmetting baie kleiner is.
  4. Gebruik jou lense soos hulle bedoel is om te gebruik: moenie daaglikse lense vir twee dae dra of maandelikse lense na drie maande uitrek nie. Moenie slaap met jou lense nie, al kan hulle ’n maand hou.
  5. Gooi lense weg sodra hulle dof raak.
  6. As jou lense jou oë irriteer, haal hulle dadelik uit en plaas hulle in ’n ontsmettende lensspoelmiddel. As hulle jou die volgende dag steeds irriteer, is die lens nie meer geskik nie. Gooi dit weg.
  7. Moenie jou oë vryf nie, want jy kan so allerlei kieme in jou oog indra.

Lees ook: Oplossings vir sonskerm en branderige oë

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

2 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

2 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

3 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

4 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

6 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.