Vraag
My hare lyk so ongesond. Hoe kan ek dit weer laat blink? – Marina
Antwoord
Dit is belangrik om ’n opknapper te gebruik nadat jy jou hare met sjampoe gewas het. Die sjampoe maak die haarvliesies oop (sodat vuilheid kan uit) en opknapper maak die haarvliesies weer toe. Wanneer die vliesies toe is, blink die hare meer. Jy kan ook stileerprodukte gebruik wat ekstra glans gee. Wella Professional se Illumina-salonbehandeling, kan jou hare tot drie weke lank glans gee.
*Steven Phillips is ’n haarstilis en die eienaar van Absolut Hair in Claremont, Kaapstad.
Probeer gerus ’n glanssproei om jou hare te laat blink.
Wella Pro Series Heat and Shine Spray
Pantene Pro-V Hair Colour Solutions Instant Colour Protect Shine Spray