kategorieë: Blogs

As hy net wil verander!

Groot gees Albert Einstein het die wysheid in pag gehad, nie waar nie? Hoor wat sê hy:
“Men marry women with the hope they will never change. Women marry men with the hope they will change. Invariably they are both disappointed.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dalk is dit ‘n akkurate beskrywing van die “battle of the sexes.” Ons vroue wil alles altyd beter maak. Ons dra grimering, sit blomme op die tafel en sorg dat ons kinders afgesien van skoolopleiding allerlei vorme van afrigting en afronding kry. En ons hou van projekte. Soms behels ons projek ons maat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die indringende denker Stefan Molyneux reken om jou maat te probeer verander, is soos om ‘n skildery te gaan koop en dan ‘n kunswinkel in te vaar vir verf waarmee jy die kunswerk kan “verbeter”. As jy niks van skilder af weet nie, is die kans goed dat jy die skildery gaan bederf. “Sodra jy die resultaat sien en besef dis nie werklik ‘n verbetering nie, behoort jy die skildery om verskoning te vra en jou voor te neem om kunswerke voortaan met rus te laat,” sê hy. “Maar dis allermins die werkswyse van mense met die droom van ‘n ‘beter’ maat.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skaakmat. Jy is nie tevrede met jou maat soos hy is nie, maar jy kan, of wil, hom ook nie inruil nie. Wat is die antwoord?

Ek wens ek het geweet – dit sou dalk net roem en rykdom tot gevolg hê!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek weet wel dis makliker om ‘n hart- of ‘n kopskuif te maak as om daarop aan te dring dat iemand anders verander. Dalk is dit waar sielkundiges en lewensafrigters (of selfhelpboeke, as jy kennersku is) in die prentjie kom.

Daarom het ek grenslose bewondering vir mense wat dekades lank saam is en nog steeds met sagte oë na mekaar kyk. Hulle is die wyses wat die meesterstuk in hul maat kan raaksien én geniet.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.