Dis ’n voorreg om elke week tussen ander mense te werk. Jy sien baie: gelukkig, ongelukkig, lank, kort, sterk, swak, arrogant, nederig, nors en vrolik. En dan is daar dié wat om een of ander rede in jou kop vassteek. Hierdie week weer het ek nog so een ontmoet. Vanoggend dans sy stil-stil steeds in my kop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die foto’s in Sonia du Plessis se kantoor sê sy’s ’n ma. Die titel voor haar naam vertel van ure se swoeg om ’n doktorsgraad te verwerf. Jy sien sy’s pynlik netjies, elke haar op sy plek, die kantoor onberispelik. Maar meer oor haarself kry jy nie regtig nie. Sy’s met groter dinge besig.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dan praat sy. Weer niks oor haarself nie, maar oor die onafhanklike skool van 4 500 plus leerders wat sy en haar vroulike bestuurspan in Polokwane bestuur. Meer nog, lees jy later op Northern Academy se webwerf (deel van die Curro-groep), in 2013 was daar 85 klaskamers en 34 koshuise onder haar duim.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hier gaan kinders elke dag van 10 oor 7 soggens tot na vier smiddae skool. Die klasse is groot (tussen 50 en 60 leerders per klas), die toerusting ontwerp om aan hul spesifieke behoeftes te voldoen. Elke kind het ’n tablet en die elektroniese skryfborde slaan my stom.
“Baie van ons kinders was nog nie op ander plekke nie, het nog nie die see gesien nie. Só kan ons hulle wys,” hoor ek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Sy vertel van toegewyde ouers en grootouers wat elke sent afstaan om vir hul kinders beter kanse te gee. Stories oor ’n pensioentrekker wat sy oudag-geld bring om ’n kind te laat leer en ma’s wat hul sente, verdien uit langs-die-pad groente en vrugte verkoop, sorgvuldig kom aftel om hul kinders in Sonia se skool te hou.
In die eetsaal sit rye en rye honger gesiggies en smul. Want hier kry hulle elke dag drie maaltye, met sorg berei. “Hoekom werk jy hier?” vra ek later vir een van die vroue wat saam met Sonia ’n ogie hou. “Hoekom nie? Dis die Here se plan vir ons.” Iets wat Sonia later beaam. “Dis Sy plan vir my ook.”
As dinamiet in klein pakkies kom. Dink ek die volgende dag op die vliegtuig terug Kaap toe. Wat is dit aan Sonia, haar span en hul werk wat my so diep raak? So diep dat ek sukkel om verby die knop in my keel te dink?
Die stories oor toegewyde ouers, ’n werker in die kombuis wat vandag haar eie matriekklas onderrig, geleerde oudstudente wat ander se studies borg? Daar’s meer wat my wakker hou.
Toe my eie, warm-deur-die-slaap-seunskind vanoggend met sy lang lyf op my skoot kom klim, toe weet ek. Dis omdat ek daardie gevoel by Sonia kry. Sy praat dalk nie baie nie, ’n vasberade kyk in haar oë, elke tree gefokus vorentoe. Maar jy sien hoe sy met liefde elkeen van die 4 500 kinders nader trek, haar eie maak en saam met haar span kanse gee.
Dan weet ek: dít is hoe onderwys moet wees.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.