kategorieë: Blogs

As die liefde hou

Vandag is my pa en ma 44 jaar getroud. “Dit is net skokkend,” sê ons agtjarige. “Mamma bedoel 44 jaar sonder om te skei?” Ja, my seun. “Dit maak my bang,” kom dit grootoog. Ek sluk swaar en tik myself oor die vingers oor die taak wat nog voorlê. Duidelik ‘n gat in sy opvoeding. Jou skuld, betig ek die moeder in my.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hy praat maklik oor egskeiding, al het ek en sy pa al twaalf jaar se getroude lewe agter die rug. “Hoe lank is ons nou getroud?” Ek maak net seker by die man wat al van half vier vanoggend af saam met my op is. Hy’t koffie aangedra en sit, soos elke ander oggend, saam met my en werk. “Flippen lank,” giggel hy vir sy eie grappie. “G’n wonder dat ek so moeg is nie.” Dié slag lag hy luid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar my kop is by my seun en sy worsteling met Oupa en Ouma se 44 jaar saam. “Is Mamma ernstig? 44 jaar?” Hy moet ook dubbeld seker maak, nes sy ma. Wat hy nie weet nie is dat Oupa en Ouma mekaar al op hoër skool raakgesien het.
Daar op die windverwaaide Worcester, die een in die seunskool, die ander in die meisieskool. Pappa het Mamma vir die Interskole geskiet. “As sy so wegstap het haar skoolrok so gekap-kap teen die agterkant van haar been. Te mooi,” vertel Pa graag en knipoog. “Dis my rondings se skuld,” verdedig Ma dan. Die res? Vandag vertel ‘n dogter, drie seuns, ‘n skoonseun, drie skoondogters, sewe kleinkinders en ‘n magdom afgestorwe troeteldiere die storie van twee mense se liefde vir mekaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vir my seun bly dít ‘n rariteit. Want in sy lewe is gebroke huwelike amper normaal. Met slaaptyd maal sy koppie steeds, daar waar hy styf langs my onder die kombers voor die TV sit, sy hand soos babatyd in my hare as die moeg hom oorval. “Oupa moet baie lief wees vir Ouma.” Ek wonder wat my ma oor dié sal sê. “Ouma lyk nie eens so oud nie. Maar ek dink mense kan soms ophou om lief te wees vir mekaar. Né Mamma?”

Ek antwoord nie. “Kom, ons moet gaan slaap. Jy skryf môre toets,” sê ek en dink aan ‘n gesprek met ‘n skoolvriendin vroeër die week, daar waar ek en sy na kinders aflaai gou gesels inkry voor ons die dag verder pak. “Weet jy hoe baie mense van ons ouderdom los mekaar nou? Dit maak my bang,” sê sy. My kop werk in clichés as ek dink: “Aan skei het ek nog nooit gedink nie. Maar moord? Al baie.” En: “Ek het beloof om altyd lief te wees vir jou. Dit beteken nie ek moet altyd van jou hou nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Feit bly: dinge werk nou eenmaal nie altyd uit soos vir Mamma en Pappa nie. Maar as die liefde hou bly dit iets om te vier. Of wat sê jy, Breyten Breytenbach?

Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif
want niemand sal ‘n boodskap wat rooi is skiet nie.
Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek
weet al die jagters sal dink dis die son.
Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder
en waar hy vlieg daar skitter oseane
en bome word groen
ek hy kleur my boodskap so bruin oor jou vel.

Want my liefde reis met jou mee,
my liefde moet soos ‘n engel by jou bly,
soos vlerke, wit soos ‘n engel.
Jy moet van my liefde bly weet
soos van vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie.

Liefde, tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: mari lategan

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.