As ’n kind nie meer kind kan wees nie, verloor sy nie net ’n stuk van haar lewe nie, maar ook ’n stuk van haarself. Baie kinders kry bitter swaar omdat hulle in stilswye die las van volwassenes op hul tenger skouertjies dra. Dikwels terwyl byna niemand dit eens raaksien of daarvan weet nie. Sulke kinders voel verward en deurmekaar omdat hulle rol konflik beleef, want ’n kind word nie gesien as iemand wat ander moet versorg of hul emosionele laste moet dra nie. So ’n kind besef nie altyd wat die oorsprong van haar frustrasie en verwardheid is nie. Dis ’n rol wat ’n kind nie verdien nie, maar soveel kinders te beurt val.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Gesinne moet fisiek en emosioneel oorleef. Basiese dinge soos kos maak, inkopies doen, huis skoonmaak, wasgoed was, die versorging van klein kindertjies en siekes moet in alle gesinne gedoen word. As ’n ouer dit nie doen nie, doen ’n kind dit noodgedwonge. Gesinne soek na balans. Kinders balanseer dikwels dinge om die gesin te laat funksioneer – verkieslik só dat buitestanders die indruk het dat alles in die gesin reg is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Wanneer ’n kind die ouerrol aanneem weens die ouer se fisieke of geestelike ongesteldheid, drank of ’n ander kwessie, word sy gekonfronteer met volwasse probleme waarvoor sy nie opgewasse is nie. So ’n kind moet dan nie net die ouer dra nie, maar ook vir haarself sorg. Sy word van haar kindwees beroof wat dikwels daartoe lei dat haar normale ontwikkeling skade ly. Dikwels word die situasie selfs vir ander familielede weggesteek omdat dit iets is waaroor die gesin skaam is. Dis vir kinders moeilik om rolle te vervul waarvoor hulle nog nie gereed is nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Party ontwikkel in verantwoordelike volwassenes wat kan raakvat, probleme oplos en besluite neem. Maar ander raakmoeg en uitgebrand. Elma* vertel: “Ek is so moeg om altyd daar vir ander te wees. Dit voel of ek my lewe lank net gebruik is. “My ouers is geskei en my ma moes noodgedwonge gaan werk. Sy het bedags in ’n kantoor gewerk, en het om den brode snags vir ander mense naaldwerk gedoen.
“Ek was ma vir ons vier kinders en moes kos maak, wasgoed was, die kleintjies by die laer- en kleuterskool kry, Kosie* se bottels gee, help met huiswerk, sorg dat die huis netjies bly sodat Ma nie raas nie. “Ek onthou toe Kosie gastro gekry het. Later was daar nie meer ’n skoon doek nie en ek het hom op handdoeke laat lê. Die gemors! En die aanhoudende gehuil. Ek het later begin saamhuil, en toe huil almal. En hy raak al swakker. Ek sal nooit my magtelose angs en vrees vergeet nie: As hy doodgaan, sal dit my skuld wees. “Ek dink my trane het daardie dag opgedroog. Ek kan en wil oor niks meer huil nie. Ek wil vir niemand verantwoordelik wees nie. Jare lank wou ek by niemand betrokke wees nie, dit het gevoel of almal my net wil gebruik. En nou het elke man wat ek ontmoet ’n string kinders wat hy wil hê ek moet versorg.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }In gesonde gesinne waar kinders net kinders is, neem ouers die verantwoordelikheid vir die gesin se finansiële, praktiese, emosionele en geestelike funksionering. Hulle is die voorsieners en die versorgers. In so ’n gesin lewer almal ’n bydrae, selfwaarde is hoog en die reëls en verwagtinge is menslik, buigbaar en ouderdomsverwant. Elkeen het sy eie aktiwiteite, doelwitte, planne en sosiale kring wat deur die gesin as geheel ondersteun word. Daar is balans tussen hul fisieke, intellektuele, sosiale, emosionele en geestelike kante. Die kommunikasie is direk, duidelik, oop, spesifiek en eerlik. Elkeen kan gevoelens en behoeftes uitspreek. Alles draai nie om een mens of om ’n sentrale probleem nie. Die gesin is deel van ’n gemeenskap en het verhoudings met mense en dinge buite die gesin.
‘My pa se siekte het my kindwees gesteel’
Kinders behoort besig te wees met dinge wat kinders van hul ouderdom doen.
Johan* sê weens sy pa se alkoholprobleem wou hy nooit maats huis toe nooi nie. Dit het hom geïsoleer, want omdat hy hulle nie nooi nie, het hulle hom ook nie genooi nie. Dit was ook vir hom verwarrend: Die een dag is hy die man in die huis wat sy klein boetie oppas of sy pa in die bed sit as hy onkapabel is. Die volgende dag moes hy kind wees.
Lydia* vertel hoe moeg sy daarvoor is om haar ouers se vertroueling te wees. “Dan praat Ma met my, dan praat Pa met my, en elkeen verwag ek moet sy kant kies. Ma vertel my hoe sy voel, maak my pa sleg en maak my die skeidsregter.
“Ek wil niks meer van hul huweliksprobleme hoor nie. Waarom praat sy nie met haar suster of vriendinne nie? Sy doen dit nie, want niemand mag weet nie. Voor ander is hulle liefies met mekaar. Ma manipuleer my met: ‘Ek het niemand om mee te praat nie.’ Ek weet dis emosionele afpersing. Ek voel voortdurend of my gevoelens nie saak maak nie. Hul probleme vreet my tyd en energie en dreineer my. Ek wens ek kan uit die huis kom.”
Leane Austin, ’n Amerikaanse opvoedkundige sielkundige en skrywer, sê kinders reageer nie almal so nie. Party raak baie verantwoordelik en neem volwasse gedragspatrone en taalgebruik aan. Vir hulle is dit dan moeilik om met kinders van hul ouderdom sinvolle interaksie te hê. Dit isoleer hulle en laat hulle alleen en uitgesluit voel. Ander kinders mag weer regresseer en soos jonger kinders optree. Hulle kan weerstand bied, aandag soek, negatiewe gedrag openbaar, buierig, aggressief, huilerig en afhanklik wees. Dikwels is dit ’n onbewustelike poging om hul kinderrol terug te kry.
Die uitwerking op kinders
Help kinders so
Al is dit dikwels nie werklik moontlik om sekere omstandighede (soos ’n siek ouer) te verander nie, kan daar wel dinge gedoen word om dit vir die kind makliker en beter te maak.
Lees ook: Egskeiding: kinders vir die naweek
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.