kategorieë: Ontspanning

Arnold Vosloo in nuwe Deon Meyer-dramareeks te sien

kykNET-kykers kan uitsien na ’n Deon Meyer-dramareeks wat in 2024 uitgesaai sal word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die reeks, wat op van die meestermisdaadskrywer Deon Meyer se eerste karakters gegrond is, speel af in die wêreld van kunsdiefstal en swendelaars – mans wat weerlose vroue op soek na liefde met slinkse planne uitbuit. Plan B bestaan uit vyf episodes, en die draaiboek is deur die Hertzogpryswenner Tertius Kapp geskryf, wat ook vir die draaiboeke van treffers soos Die spreeus, Gaia, Vier mure en Griekwastad verantwoordelik was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Arnold, wat die afgelope 33 jaar in Amerika woon en al internasionaal naam gemaak het met rolprente soos The Mummy en Blood Diamond, is opgewonde om deel van die rolverdeling te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Toe Tim en Cobus my kontak oor ’n rol in kykNET se ‘Plan B’, het ek dadelik ingestem, want dit het vir my al die boksies getiek,” sê Arnold. “Eerstens om in Afrikaans te kan werk. Dan om weer saam met die Griekwastad-span te kon werk – Cobus van den Berg en Tim Theron van Scene23 en natuurlik Jozua Malherbe as regisseur.

“Griekwastad was een van die hoogtepunte van my loopbaan as akteur, en om weer saam met die span te werk, is baie spesiaal. Die teks en storie is ook uitstekend, en die rol was lekker en uitdagend. Dis mos nou ’n geleentheid wat nie te versmaai is nie.”

Jozua het die afgelope paar jaar sy merk gemaak as een van Suid-Afrika se talentvolste filmmakers en was ook in die regisseurstoel vir M-Net se aksiebelaaide nuwe reeks Devil’s Peak.

“Dit is natuurlik ’n plesier om weer saam met ’n span te werk waarmee mens regtig gemaklik en kreatief kan wees, maar hierdie keer met ’n bietjie ligter vermaak,” sê Jozua.

Lees ook: Devil’s Peak se lokprent is uiteindelik hier!

Behalwe Arnold is Tim Theron en Amalia Uys, onder andere, in die groot, talentvolle rolverdeling.

Plan B vertel die verhaal van ’n man met ’n militêre agtergrond, Ivan Malan (Tim Theron), en sy vennoot, Paul Schmidt (Arnold Vosloo), wat ’n bendebaas beroof en ’n skildery steel – Vlammemeisie deur die meesterskilder Vermeer, wat €30 miljoen werd is.

Intussen word Ragel Bergh (Amalia Uys) deur die glyjakkals Joshua Lansky (Armand Aucamp) uit haar erfporsie geswendel. Alles lyk vir haar verlore, maar dan laat ’n kunswaardeerder Ragel se pad met Ivan en Paul s’n kruis, en al drie van hulle wil dieselfde ding ten alle koste hê: die Vlammemeisie.

Lees ook: kykNET se nuwe reeks ‘Straat’: Wat jy moet weet

“Ons is opgewonde en bevoorreg dat kykNET ons die geleentheid gegee het om ons eerste Afrikaanse TV-reeks te maak,” sê Cobus van den Berg van Scene23. “Ons is dankbaar om meer internasionale gefokusde projekte te kan aanpak, soos Trackers wat op M-Net en wêreldwyd op stroomdienste te sien was, maar dit is altyd spesiaal om in Afrikaans te werk. Dan natuurlik ook die feit dat ons die Safta-bekroonde Griekwastad-span – Arnold, Jozua en Tertius – weer bymekaar kon kry.”

*Plan B se uitsaaidatum sal vroeg in Januarie 2024 aangekondig word.

Lees ook: Deon Meyer is terug met ’n nuwe Bennie Griessel-dossier!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

6 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

6 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

9 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

11 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.