Tussen Beatrice se omstrede liefdeslewe, Hoërskool Arendsvlei se struikelblokke en Wendy Newman en die Galants se streke is daar altyd iets wat die storie vars en onvoorspelbaar hou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die eerste episode van Arendsvlei is op 1 Oktober 2018 uitgesaai. Dit was kykNET se eerste Afrikaanse telenovela, en die reeks het oor ses seisoene al drie SAFTA-toekennings ingeryg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Teen die agtergrond van die fiktiewe Hoërskool Arendsvlei, wat deur die Cupido-familie bestuur word, is die reeks vol drama met onderwysers en leerlinge wat kwessies konfronteer soos depressie, verslawing, moord, wraak en tienerswangerskap.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Jolene Martin, wat die rol van Beatrice Cupido vertolk, sê daar was al baie professionele en persoonlike hoogtepunte oor die afgelope ses jaar, maar om 1000 episodes te bereik, is ’n mylpaal en ’n reusagtige prestasie.
“Om deel te wees van ’n program wat so ’n onbetwisbare merk op die vermaaklikheidsbedryf gelaat het, is onbeskryflik. Ons kykers is nie bloot aanhangers nie, hulle is ’n stappie hoër. Hulle het saam met ons gelag en gehuil en vir dit sal ek ewig dankbaar wees,” vertel Jolene.
Tarryn Josephs, publisiteitsbestuurder van Arendsvlei, sê om ’n 1000 episodes te bereik is nie net ’n hoogtepunt nie, maar ook ’n groot voorreg.
“Ons is bevoorreg om met soveel talentvolle mense te werk wat elke dag alles gee om seker te maak dat ons die beste produk skep. Ons probeer om altyd stories te vertel waarmee ons kykers hulself kan vereenselwig, en hulle terugvoer en meelewing is ongelooflik,” sê Tarryn.
Net ’n paar dae gelede het kykers weer die skok van hul lewe gekry toe Kyle Borman (Dries Botha), die polisiekaptein en Beatrice se eksverloofde, die nuus aan Beatrice breek dat Clint Smith (Clayton Evertson) tydens ’n werksopdrag oorlede is.
Clint het kort ná hy en Beatrice mekaar weer gevind het onverwags ’n dringende werksopdrag gekry, en hy het gewik en weeg of hy moet bly of gaan. Beatrice het hom uiteindelik aangemoedig om net dié laaste keer nog die opdrag uit te voer, maar hy sou nooit weer huis toe kom nie.
Clayton Evertson het met ’n swaar maar warm hart van sy Arendsvlei-familie afskeid geneem. “Ek gaan rêrig ons geselsies tussen tonele mis. As die kamera gerol het, was almal professioneel en ernstig, maar sodra daai toneel klaar is, het ons so lekker saam gelag. Ons het ernstige gesprekke gehad, maar sjoe, ons was meestal net laf,” vertel ’n dankbare Clayton.
“Arendsvlei-kykers moet styf aan hul stoele vashou! Daar kom nog baie lekker storielyne wat hulle regop sal laat sit,” sê Tarryn.
Skakel elke Maandag tot Donderdag op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) in om die doen en lates van die Arendsvleiers dop te hou. Dié telenovela is op beide DStv Catch Up en DStv Stream beskikbaar.
Lees ook: Brawe bekendes oorwin vrese in VIA TV se ‘Die Uitdaging’
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.