Arbour Café & Courtyard het saamgespan met Veuve Clicquot om vir jou ’n #ArbourDelicious-aand van vonkelwyn en kanapees te gee. Geniet ’n glas Veuve Clicquot geel-etiketreeks en ’n seleksie van ons kanapees van die nuwe spyskaart.
Daar is spesiale aanbiedinge wat spesifiek voorberei kan word vir ’n intieme aandete vir twee, of vir ’n groep van vier vriende.
Datum: 24 November 2017
Tyd: 17h00 – 21h00
Plek: Arbour Café
Dit kos R580 vir twee persone, en R1100 vir vier.
Vir besprekings, bel 011 788 4111 of stuur ’n e-pos aan [email protected].